Nóg ʼn Amcu-beampte doodgeskiet

Joseph Mathunjwa, Amcu-president. Foto: ANA/Jonisayi Maromo

Die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) het gesê hy sal nie geïntimideer word nie ondanks die feit dat nog een van die vakbond se senior beamptes Vrydagaand by die Lonmin-mynnedersetting in Wonderkop naby Rustenburg doodgeskiet is.

“[Vrydagaand] is nóg een van ons leiers doodgeskiet. Hierdie keer was dit Mvelisi Biyela, ons gesondheids- en veiligheidsbeampte by Lonmin. Hy is [om 20:30] buite sy huis doodgeskiet ten aanskoue van sy vrou en sesjarige dogter,” het Joseph Mathunjwa, Amcu-president, gesê.

Dit bring die getal Amcu-beamptes wat die afgelope paar maande vermoor is op vyf te staan.

“Sy dood het ons geskok gelaat, maar steeds vasbeslote om hierdie aanslag te oorwin. Diegene wat dink hul lafhartigheid kan ʼn magtige vakbond oorwin wat gebou is op die gees van talle wat die hoogste prys daarvoor betaal het, moet weer dink. Ons sal nie geïntimideer word nie. Ons sal nie oorgee nie,” het Mathunjwa gesê.

“[Vrydagaand] se moord sê vir ons daar is ʼn oorlog teen Amcu verklaar en indien dit dan ʼn oorlog is, weet dat ons gaan baklei. Ons het nie en glo ook nie in moordmasjiene om oorlog te voer nie. Ons sal nie baklei met koeëls, vuurwapens en anonieme huurmoordenaars nie, maar met massa-optrede.”

“Ons sal veg met ʼn baie sterker wapen – die eenheid van Amcu, die eenheid van mynwerkers, die eenheid van die werkersklas. Dit is verregaande dat die moord op ons lede voortgaan, byna op ʼn daaglikse basis, sonder enige reaksie van die regering, die mynbedryf of die media.”

Mathunjwa het gesê hy wonder of die nuwe “veldtog teen Amcu” deur die staat en sy bondgenote gedryf word met die hoop om Amcu te onderdruk. “Ons lede sal nie soos vlieë omkom nie. Ons sal terugbaklei en hard baklei. Ons soek nie krokodiltrane van die regering of die media oor optrede wat werksgeleenthede in gedrang bring nie. Wat van die gebrek aan optrede wat lewens in gedrang bring?”

Niemand is nog in hegtenis geneem vir enige van die moorde op Amcu-beamptes die afgelope paar maande nie. Mathunjwa het gesê Amcu het sy eie private ondersoek na die moorde gedoen en die bewyse wat hy ingesamel het aan die polisie oorhandig. “Op die punt om inhegtenisnemings te maak is die polisie deur ʼn hoër gesag weerhou,” het hy gesê.

Hy het gesê Mathunjwa sal Dinsdag ʼn mediakonferensie hou om sy veldtog van massa-optrede aan te kondig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Al ·

Diselfde apatiese houding kry ons ook van die regering mbt plaasmoorde.

Christo ·

Ek stem saam. Die ANC arresteer vinnig verdagtes as sy ANC raadlede vermoor word. ‘n Anonieme bron met ‘n hoë geheime verklaring het aan my bevestig dat ANC verdagtes se aanklagtes van die rekenaar misdaad register van die SAPD verdwyn. Slegs enkele SAPD het geheime klarings om dit te kan/mag doen. Slang in gras né. DIE ANC DULD GEEN OPPOSISIE NIE EN SAL MOOR OM HULLE TRAWANTE TE BESKERM NIE. (Dis hoekom sekere misdade soos poging tot huisbraak, haatspraak, diefstal op plase ens. nie aangemeld word nie) Ek wil GEEN polisiebeampte in my huis hê nie – want inligting word aan hulle ‘pêlle’ verskaf.

andrea van vuren ·

Dieselfde gaan nou met die staatsamptenare se pensioene gebeur. Hulle gaan die man wat dit met sy lewe beskerm uithaal…

Boet Fasie ·

Is dit nie dalk wat met plaasmoorde gebeur nie, hierdie sogename moordmasjiene waarvan Amcu praat nie. As mens hierdie berig lees kan mens duidelik agterkom dit is wat daagliks op plase gebeur. Word die ondersoek en inhegtenisnemings van plaasmoorde nie dalk ook in die wiele gery nie soos hier bo deur Amcu genoem nie.

Drieks ·

Wie skiet ‘n 6 jaar oud kind se pappa voor haar dood. Die Anc maak ons siek.

jaco ·

ek verstaan dat die regering niks sê oor plaasmoorde nie. die slagoffers is mos maar net “wit mense wat die grond gesteel het”. maar dis vreemd dat hulle ook stilbly oor hierdie moored op swart mense. of is dit n geval van hulle is nie “ware” swartes nie, omdat hulle deel is van ‘n vakbond wat teen die ANC en COSATU is?
Ook maar iets wat hulle by “ons” geleer het: ek onthou hoe Afrikaners in die ou SA wat nie Nasionale Party gesind was en nie in een van die 3 Afrikaanse susterkerke nie, ook maar afgemaak is as nie “ware” Afrikaners nie.

Cherokee ·

..en later gewys het diè werklike Suid Afrikaners te wees.

Fanie ·

Nog ‘n sinnelose tragiese moord- wat weer tot ‘n volgende spiraal van geweld gaan lei. Maar Amcu se skynheilige leier het net homself te blameer. Hy’t die kultuur van gewelddadige mededinging met NUM en gebruik van geweld as onderhandeling strategie begin. Almal weet van die 34 mynwerkers wat op Marikana geskiet is toe hulle vol muti op SAPS afgestorm het. Maar die 10 onskuldige wagte wat in die voorafgaande week deur dieselfde massa wreedaardig vermoor is, se dood is onbekend. Mathunjwa moet ondersoek en vervolg word vir daardie moorde wat tot Marikana gelei het, maar die owerhede is bang vir die geweld wat geregtigheid kan ontketen.

Cherokee ·

Jy wys iets interessant uit Fanie, veral vir mense wat nie daardie opset ken.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.