Nog ʼn ANC-hoë bedank

Argieffoto

Argieffoto

Die ANC se kommunikasiebestuurder, Keith Khoza, het bedank.

Die regerende party het Vrydag Khoza se bedanking bevestig. Zizi Kodwa, woordvoerder van die ANC, het gesê Khoza se bedanking is reeds van 1 Maart in werking. Hy sal glo terugkeer na die Gautengse provinsiale regering se administrasie.

“Sedert hy by die administratiewe korps van die ANC aangesluit het, was comrade Keith ʼn onmisbare deel van die departement van inligting en publisiteit, asook die ANC as geheel. Hy het die beweging onbaatsugtig gedien en daarvoor bedank ons hom. Ons is vol vertroue dat hy nie vir die ANC-kommunikasiemasjien verlore sal gaan nie en ons wens hom alle sterkte toe,” het Kodwa gesê.

Khoza se bedanking kom enkele dae nadat die hoofsweep van die party, Stone Sizani, Woensdag sy bedanking aangekondig het. Sizani is herontplooi om Suid-Afrika as ambassadeur in Duitsland te verteenwoordig, maar sal glo steeds as lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) dien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Boffin ·

Is dit nog te vroeg om n afleiding te maak dat rotte die sinkende skip verlaat?

Andre ·

Dis te lekker. Gaan bly in Duitsland en skep ‘n groot salaris en byvoordele. Lekker man. Hoe is hy nie na Soweto toe gepos waar hy van meer waarde kon gewees het nie? Vermorsing van geld gaan nog steeds voort.

Hendrik ·

Lees die berig aandagtig Andre. Dit is nie Stone Sizani nie. Hierdie is Keith Khoza wat bedank het. Hy gaan na die Gautengse P;rovinsiale administrasie toe. Dit is die TWEEDE groot naam wat bedank in een week.

hans ·

Is bekommerd dat n senior amptenaar van n politieke party in n staatsdepartement aangestel word.

humor ·

Kon de klerk nie die dolk in die hand op die anc vlag gesien het nie en besef het dat hierdie mense geensins in versoening belangstel nie.

Dan ·

Julle verstaan verkeerd, hy skuif net oor na n ander pos met die selfde salaris om sodoende n pos beskikbaar te maak vir n kader wat vir een of ander op die pay-rol moet kom.

Johann ·

Verloor die ANC steun in hul eie geledere? Of is wrywing onder kollegas onuithoudbaar? Glad nie goed vir hul eie beeld nie!

Han ·

Om De Klerk te verwyt vir alles wat verkeerd gaan, raak darem noual so afgesaag, dit is om van siek te word!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.