
Ondersteuners, talle van hulle sonder maskers, buite Nkandla in KwaZulu-Natal. (Foto: Emmanuel Croset/AFP)
Die ANC se provinsiale leierskap in Mpumalanga het een van sy leiers tydelik geskors en sal binnekort begin met tugstappe.
Die provinsiale werkkomitee (PWK) in Mpumalanga het Ngrayi Ngwenya, ANC-streeksvoorsitter, Donderdag skriftelik in kennis gestel dat hy tydelik geskors word en dat dissiplinêre stappe binne 30 dae van die skrywe teen hom gedoen sal word.
“Die ANC het kennis geneem van jou aanhitsende toesprake by Nkandla die naweek van 2 en 3 Julie. Die PWK is van mening dat sulke uitsprake die ANC in oneer bring. Jy het boonop ʼn T-hemp met die ANC se logo daarop gedra terwyl jy hierdie uitsprake gemaak het,” lui die brief.
Ngwenya, ‘n stoere Zuma-ondersteuner, was een van die voorbokke tydens onlangse onwettige protesaksies by Nkandla, waar Zuma se ondersteuners wou verhoed dat die polisie hom in hegtenis neem. Dit was voordat die voormalige president homself Woensdagaand aan die polisie oorgegee het.
“Hierdie gedrag is teenstrydig met die ANC se grondwet en regverdig dissiplinêre optrede. Daarom het die PWK besluit om binne 30 dae met dissiplinêre optrede teen jou te begin.”
Die Umkhonto we Sizwe-veteraan Carl Niehaus is ook Woensdag tydelik geskors ná soortgelyke uitsprake by Nkandla verlede naweek. Hy het gesê dat Suid-Afrika deur groot geweld in die gesig gestaar sal word indien oudpres. Jacob Zuma tronk toe gaan.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
11 Kommentare
Net 1 regtig is dit die beste wat julle kan doen tussen die hordes mense? Nou moet ons weer betaal vir die kader terwyl die geskors is pffft bekotsingswaardig
Waar is die polisie bang vir hulle eie kaders sluit hulle toe sonder maskers
Anargie en chaos is aan die orde van die dag en diegene word met handskoene gehanteer! Hulle kom met moord weg!
Ek wonder hoekom is daar nou eweskieik gevolge vir al die ANC hoës? Ek sal graag wil weet of dit ń interne strategie is. Weet iemand?
Sluit zuma se dom dogter op wat soos n klein brakie aanhits!