Nóg ʼn ANC-lid vervolg ná Zuma-uitsprake  

Ondersteuners, talle van hulle sonder maskers, buite Nkandla in KwaZulu-Natal. (Foto: Emmanuel Croset/AFP)

Die ANC se provinsiale leierskap in Mpumalanga het een van sy leiers tydelik geskors en sal binnekort begin met tugstappe.

Die provinsiale werkkomitee (PWK) in Mpumalanga het Ngrayi Ngwenya, ANC-streeksvoorsitter, Donderdag skriftelik in kennis gestel dat hy tydelik geskors word en dat dissiplinêre stappe binne 30 dae van die skrywe teen hom gedoen sal word.

“Die ANC het kennis geneem van jou aanhitsende toesprake by Nkandla die naweek van 2 en 3 Julie. Die PWK is van mening dat sulke uitsprake die ANC in oneer bring. Jy het boonop ʼn T-hemp met die ANC se logo daarop gedra terwyl jy hierdie uitsprake gemaak het,” lui die brief.

Ngwenya, ‘n stoere Zuma-ondersteuner, was een van die voorbokke tydens onlangse onwettige protesaksies by Nkandla, waar Zuma se ondersteuners wou verhoed dat die polisie hom in hegtenis neem. Dit was voordat die voormalige president homself Woensdagaand aan die polisie oorgegee het.

“Hierdie gedrag is teenstrydig met die ANC se grondwet en regverdig dissiplinêre optrede. Daarom het die PWK besluit om binne 30 dae met dissiplinêre optrede teen jou te begin.”

Die Umkhonto we Sizwe-veteraan Carl Niehaus is ook Woensdag tydelik geskors ná soortgelyke uitsprake by Nkandla verlede naweek. Hy het gesê dat Suid-Afrika deur groot geweld in die gesig gestaar sal word indien oudpres. Jacob Zuma tronk toe gaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Persheks Adri ·

Net 1 regtig is dit die beste wat julle kan doen tussen die hordes mense? Nou moet ons weer betaal vir die kader terwyl die geskors is pffft bekotsingswaardig

Renier johannes ·

Waar is die polisie bang vir hulle eie kaders sluit hulle toe sonder maskers

JM ·

Anargie en chaos is aan die orde van die dag en diegene word met handskoene gehanteer! Hulle kom met moord weg!

Jacques ·

Ek wonder hoekom is daar nou eweskieik gevolge vir al die ANC hoës? Ek sal graag wil weet of dit ń interne strategie is. Weet iemand?

My siening ·

Sluit zuma se dom dogter op wat soos n klein brakie aanhits!

gatgogga ·

Wat ons hier aanskou is die stryd wat gevoer word deur die kriminele RET-faksie om van ons ‘n wettelose land te maak. En “our people” misbruik ook boonop elke verskonining vir brandstigting en verwoesting – en wie weet, dalk kom daar nog die meevallerttjie van geleentheid om te buit ook.
Maar nou sit ons met ‘n lam president wat te bang is om betrokke te raak. Hy kruip agter ander weg.
Instansies soos politieke partye, die Helen Suzman stigting, Thabo Mbeki stigting, Mandela stigting, ensovoorts laat hulle stemme van afkeur duidelik hoor.
Maar die de Klerk stigting is weer kenmerklik stil. Kan dit wees dat die groot argitek van wat nou plaasvind niks omgee nie? Ek dink eerder dat hy swyg as deel van sy groot ooreenkoms destyds met die ANC.

Logies ·

Als deel van ‘n magspel. Ramaparra is besig om vinnig en effektief die tydelike chaos in sy opponente se kamp te benut.

Yvonne ·

Mooi so begin hoer op dis waar die opstokers sit..en die klomp suurstof diewe volg hulle slaafs

Jack ·

So sal hulle mekaar een vir een opeet. Dit is die resultaat van magsbeheptheid en korrupsie. Ek is seker apartheid gaan iewers opduik as die rede vir die optredes

Jan ·

Al wat ek Die Zuma mense seker Anc mense Eff en carel Nehaus will vra as die hele SA verwoes is wie gaan die land opbou?Soos dit is bou die Anc nie hulle en eff breek net af.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.