Die parlement het bevestig Joemat-Pettersson het bedank met onmiddellike effek van 31 Maart. Dit kom kort na die bedanking van Mcebisi Jonas, voormalige adjunkminister van finansies, en Dipuo Peters, voormalige minister van vervoer.
Joemat-Pettersson is tydens pres. Jacob Zuma se middernagtelike kabinetskommeling vervang met Mmamoloko Kubayi.
Joemat-Pettersson, wat altyd as een van Zuma se vertrouelinge gesien is, het vermoedelik die trekpas gekry omdat sy gesloer het om ʼn kernkragooreenkoms te verseker. Kubayi se aanstelling kan moontlik beteken dat die regering se kernkragplanne nou bespoedig sal word.
Lungisa Fuzile, direkteur-generaal van finansies, se bedanking is ook Woensdag deur die Tesourie bevestig.
Die eerlike mense sal bedank
Soos vorige kommentators gesê het, kon hul nie maar gewag het vd noconfidence op 18 April nie?
Stem heelhartig saam.
Net nog ‘n useless minista gewees…
Ek stem saam Hugo – sy moet net nie op Paternoster gaan aftree nie.
Die vetrouelinge moet nou sy vyande word.
Bedank, rêrig? Niemand bedank vrywillig nie – jy word uitgeskop… onthou, die ANC bedryf “shack” politiek. Jy bly in n shack, word n politikus, probeer so vinnig moontlik ryk word, want jy weet jy gaan binnekort weer terug shack toe. Dis hoe die ANC dit doen!
Moontlik gaan hulle ook more se optog bywoon dus hoekom hulle 1ve1 bedank.
fallout among (hie hie hie) thieves? by wyse van spreuke.
hi Justice…ek het n voeltjie hoor fluit dat sy wel op pad is na Paternoster…sorry vir jou…
Die visserybesigheid gaan nou uitgeput raak op Paternoster.
Thuli Madonsela meen die staatskaping verslag moet ondersoek word of bespreek word.
Die ministers wat afgedank is soos bv Jonas was n fluitjieblaser teen guptas en hul name kom ook in staatskaping verslag voor.
nog nie eers die 22ste nie en gebede word al beantwoord.
Ek dink eerder agv dat hulle uitgeskop is moet hulle ook as LP bedank . Soos in enige maatskappy opset word dinge vir jou so onsmaaklik gemaak dat jy eerder jou tas vat en loop. En ook nou kan hulle nog geldelike voorddele kry na 18de dalk niks.
Sy sal nie gemis word nie, moet tog nie werk by DA gaan soek nie.
Hoekom nie? Sy sal waarskynlik by die DA gaan werk soek dan hoef sy nie nuwe dinge te leer nie. Sal makliker wees om by ‘n identiese party te werk. Steeds veg teen Afrikaans. Steeds veg vir regstellende aksie. Steeds grondhervorming bevorder.
Sy het nie bedank nie, haar vooraf getekende bedankingsbrief het nou in werking getree. Daar was voorheen berig oor ministers en senior ANC lede wat ongedateerde bedankibgsbriewe vir toekomstige gebruik moet onderteken.
Ja so verlaat die rotte die een na die ander die sinkende skip…………
Come on Tina,spill the beans…
Tina het GEEN integriteit nie.
Sy is aangesê om te bedank.
Sheim.
Kyk na die trane in my oë!
Ek kry die gevoel, hy raak van al die wit, bruin en indiër ministers in sy kabinet ontslae…almal moet nou net etnies swart wees.
Is ek baie verkeerd Soekie, as ek na jou luister en met ‘n glimlag dink aan martiens kortbroek, derick hanekom en dies meer? (kleinletters met opset soos dit hoort)
Kom ons vra die wêreld om Sanksies teen Zuma in te stel laat die buite lande hom verbied om te land op hulle lughawens. Ignoreer hom en stuur hom elke keer terug na Suid-Afrika end sy jolly rights!
Zoro – kom ons doen dit self – more.
Ministers bedank dadelik om die groter pensioen te kry. As hul eers weer as gewone LP’s gaan dien en hul loop dan, kry hul net die kleiner LP pensioen. So hulle bedank slegs om te “score”
Bach – Stem saam!
Interessante stelling wat jy maak. Dit maak sin.
Die mense tree af want hul pensioenfondse werk heelmoontlik soos ander pensioenfondse op die basis dat jou pensioen uitgewerk word op die gemiddelde salaris van die laaste twee jaar. As jy as minister twee jaar gewerk het en minstens sewe jaar diens het in die parlement kry jy lewenslank ‘n pensioen van ‘n minister. Dit is dalk heel moontlik meer as die salaris van ‘n parlementslid wat dan oor ‘n paar jaar pensioen wat ‘n gedeelte is van jou salaris gaan aftreë. Jy kan ook intussen ‘n ander groot pos losslaan. So baie slim.
Hulle bedank juis omdat hulle nie teen hom wil stem in die noconfidence nie spul papbroeke. Sy sal nie rerig gemis word nie.
Ek is tog so bly sy het geloop want vader weet useless is nie die woord nie