Nóg ʼn ANC-LP bedank

Fikile Mbalula, die voormalige minister van polisie (Foto: Elmond Jiyane, GCIS)

Fikile Mbalula, voormalige minister van polisie, het as ANC-LP bedank.

Die kantoor van Jackson Mthembu, die ANC-hoofsweep, het Mbalula se bedanking in ʼn verklaring bevestig. Volgens die verklaring is Mbalula se bedanking reeds sedert 26 Februarie van krag.

“Hoewel comrade Mbalula se bedanking uit die parlement ʼn leemte sal laat, kry ons bevrediging uit die wete dat hy sal voortgaan om die beweging te dien as die ANC se hoof van verkiesings in aanloop tot die 2019-verkiesings,” lui die verklaring.

Mbalula is een van die ministers wat verlede maand tydens pres. Cyril Ramaphosa se uitgebreide kabinetskommeling afgedank is. Hy is deur Bheki Cele as minister van polisie vervang. Mbalula was voorheen minister van sport.

Mbalula, wat bekend is vir sy aktiewe betrokkenheid op sosiale media, het kort ná sy afdanking getwiet: “Ek ondersteun die president [se] kabinetskommeling. Persoonlik dink ek Bheki Cele sal ʼn fantastiese werk doen. Ja, ek het nie verwag om verwyder te word nie, maar ek aanvaar die verandering.”

Mbalula volg in die spore van Lynne Brown, die voormalige minister van openbare ondernemings, wat ook kort ná die kabinetskommeling as ANC-LP bedank het. Pravin Gordhan het Brown as minister van openbare ondernemings vervang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Cherokee ·

Sy gunsteling word was ‘ek’. Dit is dus verstaanbaar dat hy nie gedink het hy gaan afgedank word nie. Sy ego laat hom nie toe om aan te bly as LP nie.

Leon ·

Ook al waarvoor hy goed was………. “…..aktief op sosiale media…….!!”

Gemaskerde Sopbeen ·

Nou moet hy baie mooi met sy vrou praat…….sy het die R600 miljoen kontrak se geld gekry voor die werk gedoen is….

Eddie ·

Gelukkig is daar nie juis baie verantwoordelikheid vir hom by Verkiesing sake nie , dit was ‘n goeie verskuiwing !

cor ·

Daar hang mos n geurtjie van korrupsie om hom en lyk my die koruptenare trek in uthuli huis saam. Blykbaar gaan hy soontoe om die anc se voorprater teen julius te wees in 2019 verkiesing. So hy ken van tweet en gaan ou juluis so beveg.

Alida ·

Ja-nee die afdanking was te veel vir daardie ego. Kry vir jou. Die ouens wat gedink het hulle is onaantasbaar val nou een na die ander. Lekker.

Dafer ·

Hierdie bedanking het slegs te doen met die pakket wat hy ontvang!

Manie Strydom ·

Geen verlies hoe gouer hoe beter klein leuenaar vat Lesufi saam en trek Dubai toe.

Oom Kalahari ·

Nou hoe pas ‘n geraasmaker en ego beheptemens nou in die gemeenskap aan. Die geraamtes van die verlede sal nog vorendag kom en wel ou maat vat maar die pakket voor die geldjies gaan verlaag. Dubai my “hometown” roep.

Elle ·

Bekkie,ek vermoed jy is reg. Dat FM hom nou by die EFF gaan skaar.
OF dalk het hy bedank omdat hy so “goue handrukkie” gekry het agter die ANC-gordyn?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.