Nóg ʼn ANC-wykskandidaat in KZN vermoor

Argieffoto

Argieffoto

Nóg ʼn wykskandidaat vir die ANC is voor haar man en kinders Saterdagaand in KwaZulu-Natal doodgeskiet.

Die polisie het Sondag bevestig die saak word deur die direktoraat vir prioriteitsmisdaad (Valke) ondersoek.

Thembi Mbongo, ANC-kandidaat vir wyk 6 buite Osizweni in Newcastle, is deur twee onbekende aanvallers by haar huis doodgeskiet.

Super Zuma, provinsiale sekretaris vir die ANC, het Sondag gesê die moord is “lafhartig”. “Die ANC is baie besorg oor die moorde op sy wykskandidate voor die munisipale verkiesing op 3 Augustus,” het Zuma gesê. “Ons is platgeslaan en geskok deur Thembi se afsterwe wat haar gemeenskap as hul staatsamptenaar sou verteenwoordig. Dis ʼn tragiese verlies vir haar familie, haar gemeenskap en die ANC.”

Mbongo se moord kom skaars twee maande ná die moord op die adjunk streeksvoorsitter van die ANC-jeugliga, Wandile Ngubile, wat in Madadeni, Newcastle, doodgeskiet is.

“Ons glo daar is ʼn georkestreerde veldtog om die ANC te ontspoor voor ʼn oorweldigende oorwinning in Newcastle en die Amajuba-distrik,” het Zuma bygevoeg. “Ons doen ʼn beroep op die polisie om geen steen onaangeraak te laat terwyl die moordenaars van Thembi gesoek word nie.”

Zuma het gesê die Valke moet “vinnig optree” om die ondersoek in albei sake op te los om vrede en stabiliteit in die gebied te verseker in die dae voor die verkiesing.

Hy en die provinsiale woordvoerder van die party, Mdumiseni Ntuli, het Mbongi se familie Sondag besoek om ʼn begrafnisdatum te reël.

Meer as 10 ANC-raadslede, kandidaatraadslede en taklede is vanjaar in KwaZulu-Natal vermoor, na bewering weens politieke redes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Uys ·

Super Zuma ons as publiek is ook plat geslaan.
Een van jul kaders word geskiet en dadelik moet die Valke ondersoek doen.
Plaas moorde sien jul as maar net nog ń roof wat skeef geloop het.
Duidelik maak ras wel saak vir die ANC

humor ·

Om hom te vervang sal in elk geval geen positiewe verskil maak nie.

Cherokee ·

Moet nie dit ligtelik afmaak met vergelykings nie. Al was sy ‘n ANC-kandidaat, dit is steeds moord en net so aaklig.

Stefaans ·

Welkom in Zuptania – dit is hoe Afrika demokrasie werk.

Flippie ·

Sodra die ANC hulle interne geskille opgelos het deur mekasr te vermoor. Sal hulle voor gaan en met die slagting onder witmense voort gaan.

vermeende ·

En dit is die troefkaart wat die Weste nooit kon sien in die apartheidera nie, die politieke toleransie van die Afrikaan.
As hulle ons mense sal uitlos dan kan hulle maar onder mekaar moor!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.