Nog ʼn baba in vullissak gevind

Argieffoto

Argieffoto

Die Vrystaatse polisie het steeds nie die baba wie se liggaam verlede week in ʼn vullissak buite ‘n skool gevind is, geïdentifiseer nie.

Sers. Mamello Mokhuoane, woordvoerder van die polisie, het ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om te help om die tien-dae-oue baba se identiteit te bepaal.

“Die baba is Woensdag, 5 Augustus omstreeks 17:30 by in ʼn vullissak in ʼn oop veld naby Dieketseng Primary School in Meloding [buite Virginia] gevind. Kinders wat in die veld sokker gespeel het, het die liggaam gesien,” het hy gesê.

Meloding polisie en nooddienste is na die toneel geroep en die baba is op die toneel dood verklaar.

Polisie in Potchefstroom het ook verlede week die liggaam van ʼn babadogtertjie, tussen agt en tien maande oud, in ʼn vullissak in die dorp gevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Een kommentaar

Carin ·

Dit is verskriklik om te lees van al die babatjies wat mammas net so los. HOE KRY N MA DIT REG.? Hoe kry hul dit reg om daar om te draai en weg te loop? Hoe ?? BReek my hart……..asb as jy ni jou baba soek gaan na organisasie en gee jou kindjie daar af as om so alleen sommer net te los. Hoe kry hulle dit reg? Dit is verskriklik wreed………en onmenslik!,,,,,

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.