Nóg ʼn baba weggegooi

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Pasgebore baba is Woensdagoggend in ʼn toilet by ʼn taxistaanplek oorkant die hooggeregshof in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal aangetref.

“Lede van die gemeenskap het paramedici ontbied,” het Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê. “Die persone het die babadogtertjie uitgehaal en vir haar kleertjies aangetrek.”

Steinmann sê die baba is in ʼn stabiele toestand.

Die polisie is in kennis gestel en hulle sal verder ondersoek instel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.