Nóg ʼn bejaarde egpaar loop onder plaasaanvallers deur

Argieffoto: Lorraine Claasen

Argieffoto: Lorraine Claasen

Skaars ʼn dag nadat ʼn bejaarde egpaar op hul plaas in die Haenertsburg-gebied buite Tzaneen in Limpopo aangeval is, is nóg ʼn bejaarde egpaar Vrydagaand in die omgewing aangeval.

Marius Jacobs, stigter van die Watchdog Tzaneen-inisiatief, het Saterdag aan Maroela Media gesê die egpaar, in hul 70’s, is omstreeks 20:30 in hul huis op ʼn kleinhoewe oorval.

“Vier gewapende mans het toegang tot die huis verkry, vermoedelik deur die badkamervenster en die egpaar in die huis oorval en vasgebind,” het Jacobs gesê. “Die vrou is in die gesig geslaan en die man oor die kop.”

Die aanvallers het die huis geplunder en omstreeks 22:30 die huis verlaat met die man se twee vuurwapens, ʼn rewolwer en ʼn haelgeweer, ʼn skootrekenaar, die egpaar se bankkaarte en hul selfone.

“Die vrou kon daarin slaag om los te kom en sy het haar man losgemaak. Haar man wou hulp ontbied, maar die verdagtes was nog in die erf en hulle het op hom geskiet toe hy uitgegaan het. Die koeël het ʼn venster getref en gelukkig die man gemis.”

Die egpaar het uit vrees vir hul lewe die hele aand in hul huis geskuil en Saterdagoggend 05:00, toe dit begin lig word, na die Magoebaskloof Hotel gestap en hulp ontbied.

Volgens Jacobs was dit nie nodig vir die egpaar om hospitaalbehandeling te kry nie, maar is hulle erg getraumatiseer. Hulle verkies om anoniem te bly.

Jacobs het gesê die moontlikheid bestaan dat die aanvallers dieselfde groep kan wees wat die bejaarde egpaar, Richard en Anika Wiggel, Donderdag in die vroeë oggendure op hul plaas oorval en aangerand het.

Kapt. Mamphaswa Seabi, woordvoerder van die polisie, het toe aan Maroela Media gesê vier verdagtes het omstreeks 03:00 op die plaas toegeslaan. Hulle het glo vensters gebreek om by die huis in te kom. Hulle het die egpaar oorval en aangerand voordat hulle met ʼn onbekende bedrag geld, ʼn radio, televisie en drie selfone in die egpaar se Isuzu-bakkie gevlug het.

Die polisie ondersoek die voorvalle. Volgens Jacobs is niemand nog in verband met beide voorvalle in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

AL ·

Absoluut. Beplanning en uitvoering. Georganiseerde groepe – daar gaan baie meer aan as wat die blote oog sien. hierdie moet op nasionale vlak en internasionale vlak aangespreek word.

AL ·

Verkieslik internasionsal – die regering sal niks doen nie, net lee beloftes maak.

sioux ·

en die terroriste word deur hulle slagoffers bewapen en befonds. vuurwapens in die kluis? nee A.

Swanna ·

Die regering van die dag moet begin bykom. Hulle is besig om ‘n lat vir hulle te pluk. Een of ander tyd gaan die mense moeg word vir hierdie gemors en die wet in eie hande neem of sal ek vrae wil hulle he dit moet gebeur sodat hulle dan anargie laat plaasvind?

Gatvol ·

Die aanslag op ons mense word nou verskerp, 2016 is niks in vergelyking met wat vir ons wag in 2017 nie. Ek wonder maar net wie gaan hulle volgende teikens wees as al weerlose ou mense en boere uitgemoor is ?

Realiteit ·

Jammer maar ek dink nie jy weet waarvan jy praat nie. Waarmee moet die boere hul beskerm?? Knop kierries?? Lees mooi dis bejaardes soos wapens moet gebruik word om hul te beskerm. Ja ongelukkig is die skelms slim en kry toegang voordat die boere die wapens kan bereik maar daar is ook al berigte wat die boere hul wapens gebruik het. En die ergste is dan word hul vervolg met wet of moord ens. Dink asb jouself in die situasie voor jy aantuigings maak. Die boere veg teen droogte en gewapende skelms wat ek nie kan dink maklik is nie. Nie nodig vir enige iemand om hul “dom” te noem nie…..

Hit-up ·

As jy mense vermoor sal jy vermoor word “What goes round comes round”

Netekke ·

En nog is het einde niet. Ons mense word uitgemoor, vermink, ens ens. Die regering van die dag doen absoluut NIKS!!!! Sake word kastig ondersoek maar niemand word in hegtenis geneem nie,, laat staan nog gevonnis…… Dit is belaglik.

pieter ·

Ek verstaan nie is da nie diefwering of iets voor die vensters nie want dit klink so maklik by die badkamer venster ingekom by die venster ingekom.

Alida ·

Pieter jy is naief om te glo diefwering hou hulle uit. Genade man hulle buig daai goed soos niks oop nie.

pieter ·

Alida dan moet hulle mos plan maak laat my nie vertel alle staal is so swak nie EK het ma net gevra ma weet baie mense dink Pick en Pay diefwering gaan hule uit hou en al die ou huise het dit voor. so ja

Sarien Conradie ·

Ek kan nie glo daar word nie iets aan die aanvalle gedoen nie. Die lafaards word ook nie vasgetrek, want my waarnemende kommissaris moet sy werk in politeke atmosfeer doen. Hy begin als regruk en nou kamstig sake teen hom. Plaas dat hulle ophou simpel goed teen hom ondersoek en hom help mt sy BACK TO BASICS logo

Arie ·

Niks sal daaraan gedoen word nie want dit pas die regering soos ‘n handskoen, hulle mense was mos almal groot boere wat van hulle grond afgejaag is deur die blankes

Lindie ·

Crime does pay, is dit georganiseerde misdaad? Met Afriforum se tainted heroes, het ‘n liggie aangegaan, met ‘n onderhoud van ‘n ANC kader, sê hy, nadat hulle besluit het om met geweld die struggle verder te vat, het hulle op boere besluit omrede hulle die komando’s gehad het en apartheid ondersteun het, daarom het hulle landmyne geplant. Dit was 80 er jare as ek reg onthou, dit het nog nooit opgehou nie. Modus operandi het verander.

Frans ·

As ons iets wil doen gaan leer by die americans kyk wat gebeur daar dis nie net bek nie dis byt en dit het als begin met n oproep op face book

Marianne ·

Dankie aan onbedagsame leiers van ons land wat wilde aantuigings maak oor grond besetting.
Daardie leiers se aanhangers en familie begin nou baie meer roof en moor sodat die boere self die grond verlaat.
JULLE IS GEMEEN! JULLE IS MOORDENAARS! JULLE HAAT! JULLE VERNIEL EN KRAAK AF.
God slaap nie, Hy sal weer ‘n Soldaat soos van ouds kies om ons te lei – om ons in Sy naam te red. Ons sal weer opstaan!

brenda ·

Dit hou waaragtig net nie op nie!! Tyd dat die boere die ding in eie hand neem sê ek!! ons moet paraat wees! mense raak te gemaklik; en oumense moet hulself beveilig en wapens byderhand hê!! die dae van vensters en deure sonder diefwering is lankal verby; nee werklik, dis betreurenswaardig om elke dag die onnodige dood en verminking van ons volg te beleef!!

vermeende ·

Maroela my krikiek is fel maar kridiet vir die berig kom julle toe.
Dankie dat julle in die brokkie die woord aangeval gebruik het en nie die aanval probeer verdoesel het as n mislukte rooftog nie.

Doen so voort en noem dit wat dit is.

Pietser ·

Die motief is definitief roof anders sou hulle die mense vermoor het.

Vra net. ·

Hou hierdie moorde nie verband met Siener van Rensburg se skrywe “NAg van die lang messe” nie

Hannie ·

Nag van die lang messe is glo ‘n reuse nagaanval in Johannesburg nadat hulle die krag afgesny het.

Gatvol 2 ·

Ek wonder wat sou gebeur het as die situasie net omgeswaai was? Kom ek wed julle die aanvallers sou sommer dieselfde dag aangekeer word! Dis n skande en hartverskeurend hoe ons oumensies nou aangeval en uitgemoor word! En die regering is met stomheid sowèl as doofheid geslaan! Nee vrek! En jy kan niks doen nie of jy word aangekla en tronk toe met jou! Waar gaan alles eindig? Boere word keelvol en nie lank meer nie dan gaan hulle begin terug veg…

Pietser ·

Die misdaadsyfer is onaanvaarbaar hoog vir ALLE inwoners. Hoeveel anvalle dink jy het in die tyd op swartmense plaasgevind en hoeveel van dit dink jy maak die koerante en lei tot arrestasie? Ons moet wegkom van hierdie mite dat slegs witmense aangeval en uitgesonder word, misdaad is ‘n veel groter probleem.

gatleeg ·

so waar hulle het geen ander rede as hebsug nodig om te moor en steel nie. en wat help n kluisvol vuurwapens? gespe die ding smorens aan en sit saans onder die kussing.

Herman ·

Dis nie ‘n mite dat blankes hoofsaaklik deur swartes aangeval word nie. Wat wel ‘n mite is, is dat swartes die slagoffer van blanke geweld is. Daarom kan ons nie wegkom van die feit dat blankes geteiken word nie. Diegene wat dít nie kan insien nie is horende doof en siende blind.

M'Lady ·

Ek vra weereens wat soek bejaardes nog op plase en kleinhoewes? As fris en gesonde boere hulle nie eers kan verset teen hierdie oormag nie, wat se kans het ou mense? Verkoop voor dit te laat is en gaan bly in n veiliger plek. Waar is die kinders van hierdie bejaardes of gee hulle net nie om nie?

tokkie ·

Probeer bietjie jou grond in vandag se lewe verkoop. Niemand wil koop ons probeer al 3 jaar. En prys is billik

Carol ·

Het julle al gedink hoeveel geld gaan na die staatskas toe as n boer en sy vrou aangeval hetsy hulle sterf of net beseer is. As hulle sterf is dit baie geld. Bv BTW op alles wat rondom die begrafniskoste gaan. HEFFINGS: Dit is nie net die onmiddelike gesin nie maar dit kring wyer uit soos mense brandstof moet koop en al daardie heffings wat staatskas toe gaan. Dan kom ons by die BOEDEL…. belasting….kapitaalwins belasting…..boedelbelasting…..noem maar op. Wie baat by die dood van 2 oud landburgers wat aan hierdie volk help kos voorsien het. Self na hulle dood moet hulle nog steeds voorsien. Ek sidder…. En dan verlaar die minster van inkomste dat hulle hierdie jaar en daardie jaar soveel meer belasting ingesamel het…..Ja of cause kan hy sy target bereik het en nog meer as verwag het. Maak my siek.

miv ·

Hierdie aanvalle is goed beplan. Daar is ‘n vendetta teen wit mense om hul van hul eiendom af te verjaag deur vrees aan te blaas of hul sommer voor die voet te vermoor. Hier en daar word van hul eie mense wat in hul pad staan, ook vermoor. Sal nie verbaas wees as sekere politici die brein agter die aanvalle is nie. Hulle implementeer wetgewing wat die man op straat moet uitlewe, agterna as die wetgewing probleme veroorsaak is politici die helde en die man op straat is die boewe – goeie voorbeeld is die apartheidswetgewing – die politici wat die apartheidswette geïmplementeer het, word nou beskerm en eet van die room van die koek, terwyl die man op straat al die blaam en die skade wat dit veroorsaak het, moet dra. Dit het niks verander nie, die regering gebruik nog steeds die man op straat om sy vuil werk te doen.

Arrie ·

Het die wêreld die boere van Zimbabwe gehelp toe hulle op groot skaal vermoor, verkrag en van hul hrond verjaag was? Tot 50 aanvallers het op die dakke van plaashuise daar geklim, petrol op die diere gegooi en hulle aan die brand gesteek…. Het hulle enige hulp ontvang? Nou wat laat julle dink ons boere gaan hulp ontvang “as die wêreld maar net weet wat hier aangaan”? Ons is is op ons eie en op die oomblik is ons sitting ducks.

Ihs ·

Stem Arrie. Kry hierdie boere baie jammer. Mense is vinnag om te oordeel oor waar hul kinders is of hoekom hulle nie verkoop nie. Dit is nie so maklik om jou hele lewe te verander nie. Die boere met plase weet dit. Gelukkig maak bitter min mense staat dat Donald Trump of Siener van Rensburg hul gaan kom red. So daar is hoop. Kyk na die geskiedenis, maak nie saak hoe moeilik dit raak nie, daar was altyd hoop.

Maureen ·

Magtig man hoe lewe die mense n normale lewe. Jy moet vroeg uit jou huis uit lande toe. Hoe paraat moet jy wees en oor jou skouer loer want wie se jy us nie vlge nie en jou siek bekommer oor jou vrou en of familie by die huis. Hul kom in groepe om hul vieslike lae dade te doen want hulle is papbroeke. Hie gaan slaap jy saans. Met die wete dat hul dalk le en loer om aan te val. Die bure is ver hul is stoksiel alleen en die gevaar kom in verrassings van verskillende metodes. Nee jissie almal se staan op teen hulle maar ons sou graag wou maar waar begin mens. Waarmee begin mens. Hulle is juis waar jy nie is nie. A losing battle.

Jef ·

Ek het verlede jaar n poging gedoen om al die gebeure rond plaasaanvalle /moorde/ burgers van SA aan die kaak te stel hier in Nederland maar tot op hede geen resultaat.
Arrie, wat jy se as die wereld maar net weet wat hier aangaan, ek wil daaraan byvoeg dat ek die idee begin te kry of die wereld weet wat in SA aangaan maar hulle is nie geintereseerd nie m.a.w hul eie belange kry voorrang of hulle is wel geintereseerd maar kan niks daaraan doen nie m.a.w wil nie hulle handelsbetrekkinge met SA oorboord gooi nie.
SA ontvang tot op hede enorme bedrae vanuit Europa vir ontwikkelings hulp maar jammer genoeg verdwyn dit.
Ek het mense fotos gewys en die afskuwelike berigte voorgelees en ja hulle vind dit verskriklik en dan kry ek die antwoord ….wat julle in die apartheids tydperk gedoen het was beslis nie menslik nie.
Dis moeilik om mense in Nederland daarvan te oortuig hoe verskriklik die lewensomstandighede vir blankes is in SA en dat ons moeg is om elke keer afgereken te word met die verlede.

Pietser ·

Die lewensomstandighede is glad nie “verskriklik” vir blankes in SA nie. Dit gaan heel goed met die meeste van ons baie dankie (persentasiegewys baie beter as ons swart mede-burgers). Meeste blankes in SA kla met die witbrood onder die arm en dit maak my regtig vies dat hulle die “slagoffer-kaart” wil speel. Gaan kyk bietjie na die duisende swart plakkerskampe dan sal jy sien wat “verskriklik” werklik is.

Peet J ·

Jef, dankie dat jy jou tyd opgeoffer het om vir ons Afrikaners ‘n goeie woordjie te doen by die Nederlanders ,maar ons is reeds bewus van die feit dat sedert Jan van Riebeeck se ontrekking deur Nederland aan die Kaap, Nederland tot datum , alle belangstelling verloor het om die immigrante wat deur Nederland hierheen verskeep is nl. die Franse vlugtelinge , Hollanders , Duitsers ens.geen toestemming aan hulle verleen het om weer na Nederland, hulle tuisland terug te keer nie.Wat ‘n jammerte . Nederland, volgens die geskiedenis, het ook tydens die Angole-Boereoorlog hulle teenkanting bewys met Pres. Paul Kruger se versoek om hulp.

G ·

Pietser, jy sê hulle leef in haglike omstandighede en wittes kla met die witbrood onder die arm? Dink jy nie dit sou beter gegaan het indien elkeen net een of 2 kinders gehad het nie, in plaas van 5 of 6 as hul weet hul kan skaars vir een sorg? Als moet net verniet gegee word. Dis al hoeveel jaar later, as mense iets van hul lewe wil maak, is daar niks wat hul keer nie, ongeag van kleur. Daar is kinders in plakkerskampe wat dokters geword het ens. Daar is swartmense wat in plakkerskampe bly, wat iewers anders ‘n huis besit, terwyl baie witmense net kan droom van huiskoop. So ongeag kleur, daar is altyd die wat beter af is en dan die wat slegter af is. Dit help nie mens klou vas aan die verlede nie. My ouers het hul alies af gewerk om vir hul kinders te kan voorsien, hulle het nie freebies gekry nie. EN Mens kan nie als wil afbrand en dan iets vat waarvoor ander hard gewerk het nie.

Pietser ·

G – Jy kan jou storie verdraai soos jy wil feit bly bestaan – wittes is persentasiegewys ekonomies veel beter af as swartes (en dis nie omdat hulle kwansuis te veel kinders het nie). Apartheid en gepaardgaande ontneming van ekonomiese vooruitgang en geleenthede het meerderheid swartes ‘n moewiese ekonomiese agterstand gegee.

Annie ·

Dit is nou tyd dat die aanvalle na die hoogste gesag geneem word. Ons moet siviele eie teen die regering en minister van polisie inhandig. DA en regering doen nie genoeg nie

Pietser ·

Die DA doen goed waar hulle aan bewind is. Wanneer laas het jy van ‘n plaasaanval in die Wes-Kaap gehoor? Die regses wat VF+ stem, moet vra wat doen die VF+

Mark ·

Skrikbewind = self onteining deur te verkoop of vlug. Ongelukkig slaap ons te lekker met die dvd en vol maag. Lambs to the slaughter…. sad but… true

Tragies. ·

Die wittes wil die slagoffer kaart speel ????
Ag askuus tog Die uwe geagte Mnr pietser met die sogenaamde witbrood onder die arm is blanke gerieflik graf toe gestuur!!!
! Maar soos jy se ne die wittes moet nie kla nie …Jy pietser reken die moorde is aanvaarbaar volgens jou statistieke ….

Johannes Meintjes ·

Betreurenswaardig! Nog ‘n aanval op blankes, bejaardes en plase! Hoe mooi en eerbaar klink die verslae van groot en belangrike berade, oreenkomste, samesprekings, bidure, beloftes en al die baie praat (ook op sosiale media) nie. Klinkende simbale? Dit bly my beskeie maar bemoedigende pleidooi dat burgers op grondvlak hulle GPF, Buurtwag, Plaaswag en Belastingbetalersverenigins konstruktief en deelnemend aanwend ter optimale plaaslike bestuurs en burgerlike beskermingsvoordeel … todat daar hopelik eendag iets meer konstruktief en volhoubaar-vrugdraend vanuit die welbesproke ywer vir Afrikaner selfbestuur en sellfbeskikking voorkom.

Gys ·

Ek is self n boer. Niemand is voorberei op n aanval nie. Dit maak nie saak hoeveel opleiding jy het nie. Jy dra elke dag n bullet proof vest of stab vest. Jy dra jou wapen by jou. Jou aandag is by jou werk. Jy kannie eenkant staan en heeldag op die uitkyk wees vir aanvallers nie. Wie gaan die werk dan doen. Om n boer te wees is nie maklik nie. Ons moet veg teen droogte , Trekkers wat breek , werkers wat nie wil werk nie , Aanvallers , Stygende brandstof kostes en n Regering wat geen wit boere wil help nie, Banke wil ook nie wit boere help nie.
Plase is ver uit mekaar uit. En wanneer n aanval gebeur word die ondenkbaarste aan boere en hulle gesinne gedoen. My vraag is waar is Afriforum met hulp , waar is die regering met hulp, waar is die voorstaande politieke partye. Niemand sal kos he om te eet nie as boere nie beskerm word nie.

Chris Ws ·

Gys ons is ook op ‘n plaas maar boer nie en help die boere gemeenskap om ons deur radio monitering en om berigte van brande of ander noodgevalle dmv die radio te help versprei.
Ek weet egter presies waarvan jy praat as dit kom by boerdery.Ek wonder waarom Afriforum nie lankal met die regering gesprek gevoer het oor die her instelling van die Kommando stelsel nie.Dit het gewerk.

Chris ·

Lees Amos 4:2 Dit is skokkend waar wat tans in ons land aan die gang is.

Simon ·

Aan Sum,
Waar op aarde kry jy die gedagte vandaan dat die DA en EEF enigsinds aan mekaar verbind kan word?

Hierdie is doodgewone ongebreidelde verdagmakery wat nie op hierdie forum toegelaat word volgens voorwaardes nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.