Nóg ’n beweerde lid van ‘terreurgroep’ vas

Harry Johannes Knoesen, Riana Heymans, Eric Abrams en Errol Abrams in die hof. (Foto: Twitter/eNuus)

Die Valke het nog ’n persoon in hegtenis geneem wat glo verbind word met die groep National Christian Resistance Movement (NCRM) – dié keer in die Wes-Kaap.

’n 46-jarige verdagte is Donderdag by sy werkplek in Kuilsrivier in Kaapstad in hegtenis geneem vir die onwettige besit van ’n vuurwapen, springstof en springstoftoestelle. Hy sal na verwagting vandag in die plaaslike landdroshof verskyn.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, sê in ’n verklaring die verdagte kan na bewering verbind word met Harry Johannes Knoesen (60), die selfverklaarde leier van die groep, Riana Heymans (54), en die twee broers, Eric Abrams (55) en Errol Abrams (49), wat reeds in hegtenis geneem is.

Maroela Media het vroeër berig dié vier het vandeesweek in die landdroshof in Middelburg, Mpumalanga, verskyn op aanklagte van die oortreding van die Wet op die Beskerming van Grondwetlike Demokrasie teen Terreur en Verwante Bedrywighede (POCDATARA) en aanklagte dat hulle ’n gesoekte verdagte versteek het.

Hulle word daarvan verdink dat hulle rasgemotiveerde terreuraanvalle by winkelsentrums op Swart Vrydag beplan het. Hulle is reeds verlede week in hegtenis geneem.

Die polisie het tydens die inhegtenisnemings beslag gelê op springstof, elektroniese toestelle, ongelisensieerde vuurwapens en 5 300 patrone.

Die saak is tot 21 Januarie 2020 uitgestel. Die beskuldigdes bly in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

bea ·

nou kan hulle ook mos maar op borg uit kom soos die mense wat moord gepleeg het die week! dis mos hoe dit werk in SA

Marius ·

Daar is net een manier hoe 2 mense n geheim kan hou en dit is as een van hulle dood is.

Jean ·

Benjamin Franklin se woorde: Three can keep a secret, if two of them are dead.

Ryan ·

Die probleem is altyd daar is nie ‘n wag voor hul mond nie. Erens noem iemand iets vir iemand (gewoonlik in die kroeg na ‘n paar drankies) en dan is als verklap en almal word gearresteer en als word gekonfiskeer.

Victor ·

Interresant dat die ‘rewolusies’ meestal deur dieselfde ouderdom groep Afrikaners beplan word. 50-60 jariges wat skielik oorlog en terrorisme fundis is? Vreemd? Daar is al jare ‘n naam vir hulle: ‘wannabe grensvegters’.
Ek kan nie wag vir die uiteenlopende antwoorde op hierdie stelling.
NS: Ek was in Angola in ‘n elite operasionele eenheid. Net as opgelei is om stil te bly sal jy stil bly oor wat jy doen. Wannabes praat groot en dink dit maak hulle spesiaal en skielik effektief. Om te doen maak jou effektief, nie praat.

Jannie van Niekerk ·

@ Victor. Ek is ook een van daai Afrikaners wat oor 60 is en ja ek was ook in die ou SAW. (Vir vier jaar. Ons het dit in die middel sewentigs “kortdiens” genoem ) Ek was nou wel nie ‘n spesmaglid soos jy nie. Hierdie mense is net ‘n klomp dromers, maar ten minstte probeer hulle iets. Net soos die ANC in die apartheidsjare gedoen het. Aangesien jy, Victor, volgens my afleiding van jou skrywe ‘n trotse spesmaglid was, waarom begin julle manne wat spesmag opleiding het nie met ‘n intensiewe verkenningstog na plaasmoorde nie? Of is daar te veel “Bogus Operators” wat hierdie dromers kritiseer?

Willie ·

Daar is soveel informate tussen one, ek dink mens sal skrik as jy weet… Mens hou daarvan om te klik….

Anon ·

Is dit nie, so asof hulle gespaar sal word… Wat ons weet ook nie sal gebeur as die meerderheid hulle sin kry nie.

Lc ·

Victor, as jy hier spog dat jy in die specs magte was , gee dan Ons jou mags no, volle name en waar jy gestation was. Dan kyk ons opdie registers of dit so was.
Te veel mense (manne) wat brag dat hulle reccies of een of ander specs operators was, moeg om hierdie kroeg storie tehoor, Ek glo 99% van hierdie rambos was maar gewoone grens isolate. ( Ons gewone grens soldate het baie gooie werk gedoen , en Ek respekteer elkeen van hulle se diens wat hulle vir hull land gedoen het.Hulle was ysters )
So kom Victor jy het die brag stelling gemaak nou bewys dit.

Gaitsigubib ·

Hy sal stupid wees om sy persoonlike info hier te plaas. Ek glo nie hy sal dit doen nie. Wat ek jou wel kan se is dat, as hy jonger as 48 is het hy geen aksie gesien nie -Dalk in die townhips, maar dit tel nie eintlik nie.

Jean ·

So die man se vriende is kla gevang en in die tronk mar hy hou al sy plofstof en gewere en wag mar vir die polisie om by sy huis op te daag…

borg ·

So gee hulle ook R8000 borg soos julle vir die man gegee het wat iemand dood geskiet het by menlyn.

Freddie ·

Hulle het beplan. Niks gedoen nie. Vanwaar kom die wapens, dalk geplant? Ek beplan ook baie goed. Dade tel.

Staatskaping is ‘n erger misdaad teen die land, maar niemand word gevang nie. En staatskaping is verby die beplanningsfase.

Piet ·

In die kol Freddie.
Staatkaping – almal loop vry rond met vetterige KFC vingers en blink karre.
Wat van die lisensie smouse – bloed op hulle hande.
Eskom se onbevoegdes – hoeveel elende het hulle veroorsaak.
EN elders groepe boewe wat plaasaanvalle beplan.
Ens ens.

Hb ·

Nee geen borg ni. Hu sou julle daarvan jou as een van julle geliefdes in n bomontploffing sou sterf. Dink bietjie verder

Antoinette ·

Ag victor skielik was al die mans in die elite operasionele eenheid maar die mans wat regtig geveg het vertel nie hulle stories die wonde is nog te rou

BEES ·

Victor,vir iemand wat so goed opgelei is om stil te bly praat jy nogal baie.Ek is nie so goed opgelei nie maar,al wat ek weet is dat die ouens wat wel so goed opgelei is dit nie orals loop en verkondig nie.

Jo ·

Het die Anc nie ook sulke goed gedoen in die 80s nie, nou is dit verkeerd? Eks deurmekaar

Vals Vlae ·

Wonder hoeveel hiervan is weer deur die ‘staat’ ge-inisieer, bevorder ens.

HPV ·

Jannie van Niekerk, ek dink jou antwoord, te veel “Bogus Operators” is 100% in die kol.

Boer ·

@Victor as jy wel elite was en in Angola jou werk gedoen het wat jy moes se ek as jeug baie dankie en respek … maar neem dalk in ag dalk het die manne nie jou ondervinding nie maar hulle is gatvol om toe tekyk hoe ons mense dag na dag gemoor word . Reg of verkerd goed beplan of amateur hulle wou iets doen

Dries ·

Ons blankes het nie nodig eers om ons wapens op te tel nie al wat ons moet doen is om by die mense van hong kong en die duitse boere te gaan leer hoe om standpunt in te neem ons blankes kan die ANC ore aan sit maar die wilskrag is nie daar nie

Ekke ·

Sjoe, is dit dieselfde Riana as op vorige foto’s? Ai toggie, die liewe, lastige speltoetser…

Victor ·

Lc en Jannie v Niekerk
Lc. Ek het nie gespog oor my weermag diens. Ek het ook nie gese ek was spesmag. Ek het gese elite eenheid. Maar soos kon verwag, is die boodskap misverstaan en raak dit tradisioneel dadelik persoonlik. Ek staan ook by braais en moet hoor hoe almal wil oorlog begin en die grootprayers was of ‘n Recce, of Parabat.
My punt is: Oorlog is vernietigend maar, ten minste word meestal soldate gedood. Met alle Rewolusies wat ‘n burgeroorlog word, word onskuldige kinders en vroue in massas vermoor, verkrag en gemartel. Niemand dink aan hulle met al die groot pratery van oorlog. My boodskap is dat daar moet sekerlik beter opsies wees soos Solidariteit en Afriforum, as ‘n rewolusie/burgeroorlog?
Jannie. Ek glo dat ons wat in die weermag was, en ek bedoel almal van ons, het reeds hulle kant gebring. Hoekom moet 50 en 60 jariges op plase sekuriteit gaan verseker as daar duisende jong en sterk manne is wat dit kan doen? My,en ons tyd is verby en verseker het ons, ons kant reeds gebring om fisies te wees.

HPV ·

Victor, elke soldaat, diensplig of pf was in ‘n “elite” eenheid. Alle eenhede in die ou weermag was elite eenhede. Elkeen van ons was trots op ons eenhede en was betrokke. Elke eenheid was deel van die ratwerk waarsonder die ander nie kon klaarkom. Net so sou spesmagte ook nie kon funksioneer sonder ondesteuning van ander eenhede nie. Ons almal het aanvanklik dieselfde opleiding ondergaan en was met dieselfde wapens uitgereik. Baie van ons is steeds betrokke by en in die weermag, al is dit net as veterane.
Ek doen ‘n beroep vandag op alle oud weermaglede om as veterane aan te sluit en mekaar soos destyds steeds te ondersteun, selfs ook die nuwe weermag te ondersteun. Kom ons doen want ons kan want ons was daar!

HPV ·

Victor, elke soldaat, diensplig of pf was in ‘n “elite” eenheid. Alle eenhede in die ou weermag was elite eenhede. Elkeen van ons was trots op ons eenhede en was betrokke. Elke eenheid was deel van die ratwerk waarsonder die ander nie kon klaarkom. Net so sou spesmagte ook nie kon funksioneer sonder ondesteuning van ander eenhede nie. Ons almal het aanvanklik dieselfde opleiding ondergaan en was met dieselfde wapens uitgereik. Baie van ons is steeds betrokke by en in die weermag, al is dit net as veterane.
Ek doen ‘n beroep vandag op alle oud weermaglede om as veterane aan te sluit en mekaar soos destyds steeds te ondersteun, selfs ook die nuwe weermag te ondersteun. Kom ons doen want ons kan want ons was daar!

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.