Nóg ’n beweerde lid van ‘terreurgroep’ vas

Harry Johannes Knoesen, Riana Heymans, Eric Abrams en Errol Abrams in die hof. (Foto: Twitter/eNuus)

Die Valke het nog ’n persoon in hegtenis geneem wat glo verbind word met die groep National Christian Resistance Movement (NCRM) – dié keer in die Wes-Kaap.

’n 46-jarige verdagte is Donderdag by sy werkplek in Kuilsrivier in Kaapstad in hegtenis geneem vir die onwettige besit van ’n vuurwapen, springstof en springstoftoestelle. Hy sal na verwagting vandag in die plaaslike landdroshof verskyn.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, sê in ’n verklaring die verdagte kan na bewering verbind word met Harry Johannes Knoesen (60), die selfverklaarde leier van die groep, Riana Heymans (54), en die twee broers, Eric Abrams (55) en Errol Abrams (49), wat reeds in hegtenis geneem is.

Maroela Media het vroeër berig dié vier het vandeesweek in die landdroshof in Middelburg, Mpumalanga, verskyn op aanklagte van die oortreding van die Wet op die Beskerming van Grondwetlike Demokrasie teen Terreur en Verwante Bedrywighede (POCDATARA) en aanklagte dat hulle ’n gesoekte verdagte versteek het.

Hulle word daarvan verdink dat hulle rasgemotiveerde terreuraanvalle by winkelsentrums op Swart Vrydag beplan het. Hulle is reeds verlede week in hegtenis geneem.

Die polisie het tydens die inhegtenisnemings beslag gelê op springstof, elektroniese toestelle, ongelisensieerde vuurwapens en 5 300 patrone.

Die saak is tot 21 Januarie 2020 uitgestel. Die beskuldigdes bly in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

36 Kommentare

jongste oudste gewildste
bea

nou kan hulle ook mos maar op borg uit kom soos die mense wat moord gepleeg het die week! dis mos hoe dit werk in SA

Marius

Daar is net een manier hoe 2 mense n geheim kan hou en dit is as een van hulle dood is.

Ryan

Die probleem is altyd daar is nie ‘n wag voor hul mond nie. Erens noem iemand iets vir iemand (gewoonlik in die kroeg na ‘n paar drankies) en dan is als verklap en almal word gearresteer en als word gekonfiskeer.

Willie

Daar is soveel informate tussen one, ek dink mens sal skrik as jy weet… Mens hou daarvan om te klik….

Jean

So die man se vriende is kla gevang en in die tronk mar hy hou al sy plofstof en gewere en wag mar vir die polisie om by sy huis op te daag…