Nóg ʼn boer in die Vrystaat vermoor

Argieffoto: Lorraine Claasen

ʼn 71-jarige boer is tydens ʼn tweede plaasaanval in een week in die Vrystaat vermoor.

Johannes Mazibuko (71) is Donderdag vroegoggend op ʼn plaas in die Frankfort-distrik vermoor, het konst. Josephine Rani, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die polisie en veldwagters het op Mazibuko se liggaam afgekom nadat ʼn verdagte met van sy beeste betrap is en hulle hom probeer kontak het. Sy liggaam is in ʼn verlate huis naby ʼn kraal gevind.

Volgens Rani is Mazibuko deur ses mans aangeval en is sy keel oopgesny. Die verdagte wat met van Mazibuko se beeste betrap is, sal Maandag in die hof verskyn.

Jan van Niekerk, die VF Plus se leier in die Vrystaat, het in reaksie op die moord gesê dit versterk hul standpunt dat die provinsiale regering dringend ʼn spesialis landelike-beveiligingseenheid moet vestig.

“Die VF Plus veroordeel enige plaasmoord en geweldsmisdaad. Die gemeenskap is nou ʼn boer armer weens ʼn sinnelose aanval en die ANC se gebrek aan ʼn daadwerklike plan om landelike gemeenskappe te beveilig.”

Die aanval volg enkele dae ná die moord op Sakkie en Ina van der Berg in die Dealesville/Boshoff-distrik.

Dit het intussen aan die lig gekom dat Johannes Sekgoro (41), een van die verdagtes in die moord op die Van der Berg-egpaar, enkele maande gelede nog in aanhouding was vir sy beweerde betrokkenheid by ’n ander plaasaanval.

“Die regstelsel slaag dus nie daarin om landelike gebiede veilig te hou nie,” het Van Niekerk in reaksie gesê.

Ina en Sakkie van der Berg (Foto: Facebook)

Landbou-unies en burgerlike organisasies werk reeds nou saam om veiligheid in landelike gebiede te verbeter. “Dit bly egter die polisie se primêre verantwoordelikheid om alle Vrystaters se veiligheid te verseker.

“Die VF Plus het reeds in ʼn brief aan die LUR amptelik aangedui dat hy die nasionale departement van polisie versoek om ʼn landelike beveiliging-spesialiseenheid in die provinsie vestig.

“Twee plaasmoorde binne ʼn week in die provinsie wys dat die provinsiale regering nie meer ʼn keuse het as om dringend die VF Plus se oproep vir so ʼn spesialiseenheid te oorweeg nie.”

Volgens Van Niekerk ondersteun die VF Plus enige stappe om landelike gebiede te beveilig. “Die regering moet egter ook die politieke oor hê en luister na oplossings wat opposisiepartye bied. Die VF Plus slaan steeds terug teen plaasmoorde. Enige plaasmoord affekteer voedselsekuriteit.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

Andreas ·

Dankie Mnr die president dat jy dit ten sterkste sal veroordeel, dit sal nogal ‘n begin wees om spesifiek die moord op hierdie boer te veroordeel. Doen dan so voort as ‘n boer ‘n Afrikaanse van het.

Cherokee ·

Watter doel dink jy Andreas, kan die ‘veroordeling’ daarvan teweeg bring. Watse doel kan dit dien?

Andreas ·

Cherokee, as hy erken het dat ‘n swart boer vermoor is, moet hy ook B sê (as jy A sê moet jy ook B sê, dus ook erken dat wit boere vermoor word), dan kan mens met hom worstel en hom in ‘n hoek dryf om te vra, wat hy daaromtrent gaan doen. Lees dan ook die skakel wat ek hier ondertoe geplaas het en die kommetare onderaan. Landelike gebiede se bewoners word nie dieselfde beskerming gebied as die in stede of in dorpe nie. Die landelike waar ook die plase is, is die meeste bloodgestel, maar hy vertel elke lewe het dieselfde waarde.

Ek kan uitbrei.

Abe ·

Andreas,
Baie dankie vir jou skakels vir die Maastricht insetsels. Selfs op my ou klein foontjie se skermpie was dit n sielsverrykende ervaring. Dankie, dankie.

Andreas ·

Dankie Abe, ek waardeer, ek is maar mens wat wil help al gesels ek nou en dan te veel.

Andreas ·

Dankie Abe, ek lees jou en ek pink ‘n traan, enigiets om te kan help. Dis mos waarom ons vir mekaar daar is.

Johan Swart ·

1 uit elke 100 boere dra n vuurwapen by hulle (soos wat jy n selfoon sal saamdra)…hoekom dra die ander nie hul vuurwapens by hulle nie…………wat is die probleem ?

Juffrou ·

Geen wonder die een gesin na die ander verlaat ons skool om te emigreer nie.

Arie ·

Die president sal nooit optree nie want hulle speel so reg in sy kraal

Willehond ·

Ek wag angstig op n reaksie van die groot menere af! Nog n boer vermoor maak nie saak wit of swart nie. Hulle sit kos op die gemors se tafel! Kom cowboy minister se of doen iets! As jy nie gaan nie gaan die mense self begin planne maak!

Oubaasehond ·

Ek hou van jou kommentaar maar daar is nie een wit ou hier wat die woorde planne eers kan spel nie, hê nog maak nie.

Pensioenaris ·

Kom ons kyk wat gebeur nou met hierdie plaasmoord. Gaan mnr die Prez dit ook net ignoreer of gaan die regering aanbied om die gesin by te staan met begrafniskoste? Dalk sal mnr Ace wat die groot mnr in die Vrystaat was hulle gaan
besoek? Hoe weet die polisie dat daar ses moordenaars was???

Willehond ·

Die polisie weet daar was ses van hulle want hulle monitor hulle soos hulle maar altyd doen. Of was hulle dalk uit op borgtog? Wie sal weet?

Haan ·

Geagte VF plus: Niemand behalwe ONS, die Boere, gaan n “landelike beveiligingseenheid” op die been kan bring. Kom net by, dis die regering wat agter hierdie moorde sit

Oom Koos ·

Boere landwyd moet ten alle tye gewapen wees en sorg dat hul huise en veral plaaswerwe behoorlik beveilig is.

Oubaasehond ·

Verseker die No1 aksies wat elke boer moet neem. Net jammer hulle doen nie.

James ·

Dit hou nie op nie. Almal se lewes maak saak. Maar ja met elke aanval en moord word die kos minder. Maar ja hulle dink mos net vir vandag… eendag is dit te laat

Pieter ·

Dit is ons blankes se eie skuld want ons praat en praat maar ons doen niks en die anc regering weet die blankes praat net dit is tyd dat ons op hou praat en iets begin doen

Pieter ·

Ons praat te veel en doen te min die regering lag vir ons hoeveel van ons plaasboere moet nog vermoor word voor dat ons blankes gaan wakker skrik en iets begin doen praat gaan ons niks help nie

Uilspieel ·

Hoe grusaam word ons boere vermoor! Mes, spies, stomp voorwerp, kookwater, warm pap, warm strykyster, verkragting….. en so gaan dt aan. Maak ń voorbeeld van so ń moordenaar. Hang hom in di openbaar. Dis tog gladnie meer grusaam as wat hulle aan hierdie meestal ou mense doen nie. Of is ons nou weer bang vir sanksies. Dit kan tog nie slegter gaan as wat dit gaan nie. Die weermag en polisie kos te veel. Toue is goedkoper

Hanna Hoekom ·

Hierdie spesifieke plaasmoord behoort nou finaal die regering se “afkeur” in plaasaanvalle te bevestig of dan nie. Nou is die bal in die regering se hande, want skielik is die vermoorde boer een van “our people”! Kom ons kyk wat gebeur…

Hans ·

Tragies en hartseer ????????????????????????????????????????

Frm ·

Hierdie klink of veediefstal die motief was. Is dit dan n plaasaanval?

Willehond ·

Hulle gaan daai plaas nou tot stof trap uit medelye en geldelike hulp en bystand! Daarvan kan ons seker wees!

Lana ·

Bee word mos in die dorp aangeheg nie, MAAR hofsaak is die moord.

Ne. ·

Lyk my Andreas het maroela gevind… En maroela laaik vir Andreas…

Andreas ·

Ne. Toevallig het beide dit dalk veil vir die land. Baie van my kommentare word nie geplaas nie omdat ek te krities is, ek trap hulle nou en dan uit, meer as nou en dan omdat ek voel hulle moet meervsir die Afrikaner gee, en dan het hulle my nog nie verban nie, ek sou as ek hulle was, want ek nie terug nie. By tye is ek vies omdat ek kommentaar uit die hart geplaas het, gevoel gegee het oor wie ek is, na die tyd is ek spyt, maar ek kan mos nie as Afrikaner stilbly nie. Help my as jy opreg vir jou mense omgee.

Lana ·

Vee word nie in die dorp aangehou nie, MAAR hofsaak is die moord.

Lana ·

Corné, jammer. Die kommentaar is te vinnig onder my uit en is toe foutief geplaas.
Dis bedoel vir Frm.
Hy/sy sê dit klink of die motief hier veediefstal is. Dan vra hy/sy die vraag of dit dan ‘n plaasaanval is.
My kommentaar sê dat daardie vee nie in ‘n dorp aangehou is nie. Dis verseker ‘n plaasaanval. Verder sê ek dat die moord egter die hoofsaak is waaroor dit hier gaan.

Andreas ·

Nou wonder Maroela en ander webwerwe waarom mense wat kommentare lewer skewe of snaakse antwoorde gee. Gaan doen ondersoek oor die oorsaak van die verval in die land, waarom mense ‘skeef’ reageer. As mens dan nou nie bevoeg is om ‘n werk te doen nie, kry ‘n kundige. Baie mense, soos ook ek het ‘n platvorm wat jy bereik, aanvaar dit, maak vrede, almal is nie soos Zuma geseen om tot president uit te styg nie. Maar dit vat nie die frustrasie weg nie, ook laat dit mense nie beter spel nie.

Sêmaarnet1 ·

Dit gaan nog altyd oor grond!
Die kleurkaart pas hul maar net. Die staat wil die grond hê en dis dit.
Natuurlik pas dit die staat ook dat die bevolking wat die meest gekant is teen kommunisme, die blanke bevolking ook sommer tergelyke tyd uitgemoor en uit die pad kom. Sodat hul vir hul broers kan lieg en als vir hulself toe-eien.

Haan ·

Jy is 100% reg. Hierdie is tipiese kommunistiese onteiening.

Cobus Panther ·

Is al lankal aan die dink om te poog om n taakspan op die been te kry wat die tipe goed kan probeer verhoed en opvolg…. sal moet begin om die tipe ding hok t slaan…..

Henry ·

Wat kommerwekkend is dat die aanvaller al by vorige plaasaanvalle betrokke was. Met ander woorde hulle word gevang en dan weer vrygelaat na die hof verskyning. Of hy nou skuldig bevind was of nie hy was uit op vrye voet. Help nie hulle word gevang nie want hulle sal net vry gelaat word. Hulle moet van kant gemaak word anders is hulle net weer uit. Iemand moet ‘n oudit gaan doen om te kyk hoeveel van die plaas moordenaars sit nog in die tronk. Julle sal verbaas wees om te sien dat hulle lankal uit is of selfs nooit die binnekant van ‘n sel gesien het nie. Ons word om die bos gelei as julle dink die ouens gaan tronk toe met skuldigbevinding. Wie kan help met so oudit en ondersoek.

Oubaasehond ·

Verseker die No1 aksies wat elke boer moet neem. Net jammer hulle doen nie.

Pieter ·

…want korrupte regstelsel in SA sal ALTYD probeer bewys dat die “boer” die katalisator is.

Izak ·

As die regering ernstig is oor ernstige geweldsmisdaad, veral in landelike gebiede, sal hulle met onmiddellike effek die “equity”beleid tov die aanstelling van wit SAPRD reserviste ophef en toelaat dat hulle amptelik ontplooi word in die gebiede. Indien hulle te rassisties.is om die stap te.neem, is die reg in ons eie hande. Jy en ek het dan ń regsplig om die landelike veiligheidsplan te implimenteer deur ń volksweermag te ontplooi
http://www.boerelegioen.co.za

Gerrit ·

Die president en sy Stellenbosch-maters drink heerlik Pinotage. Wat sal hul omgee??!

Lana ·

Corné, jammer. Die kommentaar is te vinnig onder my uit en is toe foutief geplaas.
Dis bedoel vir Frm.
Hy/sy sê dit klink of die motief hier veediefstal is. Dan vra hy/sy die vraag of dit dan ‘n plaasaanval is.
My kommentaar sê dat daardie vee nie in ‘n dorp aangehou is nie. Dis verseker ‘n plaasaanval. Verder sê ek dat die moord egter die hoofsaak is waaroor dit hier gaan.

MW ·

RIV Johannes Hoop hy het bekwame familie wat die boerdery kan oor neem alvorens alles gestroop en vertrap word

susan ·

Hierdie kan ‘n water skeiding saak wees. Almal is bang op plase ongeag ras of kleur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.