Nóg ’n boer in KwaZulu-Natal vermoor

’n 50-jarige boer van Howick in KwaZulu-Natal is Vrydagoggend op sy plaas vermoor.(Argieffoto: Kent Williamson)

’n 50-jarige boer van Howick in KwaZulu-Natal is Vrydagoggend op sy plaas vermoor.

Die slagoffer is na bewering om 02:00 deur drie aanvallers in sy huis oorval en herhaaldelik met ʼn skerp voorwerp gesteek. Hy is later in die hospitaal dood.

Kapt. Nqobile Gwala het bevestig dat die Howick-polisie ’n saak van moord en roof ondersoek.

’n Werknemer wat glo ten tye van die voorval aan die slaap in haar kamer was, het in die vroeë oggendure ondersoek ingestel toe sy vreemde geluide gehoor het. In die huis het sy een van die aanvallers betrap waar hy besig was om die slagoffer met ’n skerp voorwerp te steek, terwyl die ander die huis geplunder het.

Die verdagtes het die werknemer glo na ’n ander kamer geneem, haar gesig bedek, haar arms en bene aan ’n stoel vasgebind en die deur gesluit.

“Sy het daarin geslaag om haarself later te bevry en hulp ontbied,” het Gwala gesê.

Gwala het bevestig dat die aanvallers in die slagoffer se motor gevlug en ook onder meer sy selfoon, skootrekenaar, televisie en vuurwapen gesteel het.

Volgens Guido Urlings, steundiensbestuurder vir gemeenskapsveiligheid by AfriForum, was daar vanjaar reeds 13 plaasaanvalle en drie plaasmoorde in KwaZulu-Natal.

“Daar was vir dieselfde tydperk in 2020 vier bevestigde plaasaanvalle en twee plaasmoorde. Daar is dus ’n duidelike toename in aanvalle en moorde vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar. In 2019 was daar egter 17 plaasaanvalle en vyf plaasmoorde,” het Urlings gesê.

Urlings het ook gesê dat die Covid-19-pandemie in 2020 waarskynlik ’n invloed op die afname in plaasaanvalle en ‑moorde in dié gebied gehad het vergeleke met 2019.

KwaZulu-Natal is die provinsie met die derde meeste bevestigde plaasaanvalle sedert die begin van die jaar. “Gauteng is eerste met 31 aanvalle gevolg deur die Noordwes met 19 aanvalle,” het Urlings gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

JohanR ·

My gooiste jy kan net boere bewonder! In Engels sal mens se “they are on the front line”. Waaneer die aand donker word is hulle op hulle eie.

Hoekom ·

WAAR IS DIE INTERNASIONALE MEDIA NOU??

……..NERENS……..

Marshall ·

Die internationale media het ‘n ander agenda. Kyk wie is die eienaars van die media. In JA Hobson’s work “The War in South Africa,: Its causes and Effects” details are given of how Rhodes bought every major newspaper in SA prior to the so-called Boer War. Anti- Boer propoganda was churned out thereafter. Dormier’s book, “Vengeance as a Policy in Afrikanerland” chronicles how Dormier, then editor of the Star newspaper was pressurised to write anti-Afrikaner propoganda by Rhodes. He refused to publish false facts and was fired by Rhodes. The Main Stream Media are puppets of their owners, who have an agenda.

Willempie ·

Ek hoop van harte dat hierdie treurige nuus Sir Lewis Hamilton sal bereik.

LANA is ELANè ·

Die vent is te besig om te “BLM” al die sportsterretjies inkluis, saam met die hoofstroom media , en die hele “B”olliewood, want dit is die nuutste #gonsding om te doen, sodat jy in kan wees. White guilt moet by elke blanke persoon regoor die wêreld in ge~drill word tot almal erken anderskleurige mense is die uber ras.
Ek glo nie eens hy weet dat kos op die tafel begin by die boere van ‘n land nie.

LANA is ELANè ·

Dit is ‘n georkestreerde bloedbad op ons boere en die regering is in totale ontkenning, want dit het hul goedkeuring.

Edward Donald ·

Snaaks nê. Swart SA man in VSA dood geskiet. SA regeringtjie wil self ondersoek instel. NOG ‘N BOER GRU EN ONNODIG VERMOOR. Hallo Cyril & Behki…somma Mabula ook…julle is nou doodstil…mense van SA, dié is net ‘n kleine deel van hulle (anc) plan om ons land onregeerbaar te maak.

Cherokee ·

Hulle kon die boer beroof het, sonder om hom te vermoor. Die werknemer is klaarblyklik sagkens behandel. Wat presies dit vertel is nie duidelik nie, maar behoort ontsyfer te word.

Marshall ·

One cannot win a defensive war. One cannot defend an infinite border. Time to abandon these looser strategies.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.