Nóg ʼn boer op plaas doodgeskiet

Barry Baars. Foto: Facebook.

Nóg ʼn boer is Dinsdagoggend vermoor – dié keer op die plaas Daskop tussen Ficksburg en Rosendal in die Vrystaat.

Barry Baars, in sy laat veertigs, is in sy kop geskiet op die gaste- en wildsplaas Daskop.

Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, het aan Maroela Media gesê die voorval het in die nag gebeur.

“Daar is ʼn oop kluis in die huis gevind, maar dit is nog onduidelik of enige iets gesteel is. Daar is ook ʼn Lesotho-nommerplaat in ʼn paadjie [op die plaas] gekry, maar dit is onduidelik of dit die aanvallers s’n was of nie,” het Cameron gesê.

Volgens hom bly daar soms ʼn vriendin by Baars op die plaas, maar dit is onduidelik of daar ten tyde van die aanval iemand by hom was of nie.

Kol. Thandi Mbambo, provinsiale woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig en gesê die polisie sal later meer inligting gee.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

sonja coetzee ·

AI TOGGIE TOG WANNEER GAAN DIT OOIT OPHOU????VOEL SOOS N VELDBRAND WAT NIE GESTOP KAN WORD NIE.ASB HERE BEWAAR ELKE LIEWE BOER IN DIE LAND VOEL SO MAGTELOOS!!!

Johan ·

Ek wil hiermee saamstem met Chris. Die boer is op sy plaas, stiknag donker. Hy word wakker van geluide of sy honde wat blaf.
Wat gebeur volgende, die boer gaan uit om ondersoek in te stel…FOUT no 1. Moet nie uitgaan nie, bel dadelik vir hulp..!!!
Tweedens, die boer of hy en gesin kom van die kerk of dorp af en ry
tot by sy huis of garage…FOUT no 2
Ry eers sover moontlik om die huis en buitegeboue en kyk vir enige stukkende ruite of oop deure…
Maar elke keer moet ons lees ” boer het uitgegaan om ondersoek in te stel”
Maak paraatheid deel van U kewens liewe boer en gesin…!!!!

Connie ·

Nou wat maak ons nou? Hulle gaat ons nou wys hoor. Nou gaan hulle ons moor.

Chris Ws ·

Connie,dis wat ons NIE maak nie wat die’ moorde laat voort duur.Mense steur hulle eenvoudig NIE aan ‘n paar goue reels van paraatheid nie en daar le die probleem.Jy kan ‘n perd vat tot by die water maar jy kan hom nie maak drink nie!Dis presies wat in ons land aan die gebeur is.
Tydens ‘n Brand en Buurtwag vergadering 6 maande gelede in ons sektor is sekere voorstelle deur almal teenswoordig aanvaar.Tot nou toe het NIEMAND enige van die voorstelle geimplimenteer nie.Nou vra ek wat help GPF vergaderings dan as mense hulle afvee aan besluite wat daar deur almal ”aanvaar” is??
Maak jou klaar plaas aanvalle gaan vermeerder TOT mense wakkerskrik.

Topmarx ·

@Chris Ws, jy sit die pot toetaal mis.
Barry Baars is die paraatste man wat ek ken. Omring met 4 honde, 3 van hulle opgeleide patrollie en beskermings honde (protection dogs). Glock19 ALTYD aan sy heup. Suid Afrika verteenwoordig in verskeie skiet komtetiesies so hy het geweet hoe om homself te verdedig. Polisiereservis vir twee dekades+, gemeenskapspolisiëringsforum gehelp op die been bring in Drumblade Gauteng voor hy Vrystaat toe getrek het. Op sy plaas het hy verskeie mense/boere gehelp deur hulle op te lei, hetsy honde, vuurwapens of selfverdediging, Barry het sy kennis gedeel. Gereeld in VSA gedraai vir vuurwapen opleiding, gereeld in Europa vir honde opleiding.
As jy Barry enigsins geken het, sou jy dit nie eens oorweeg het om jou aanmerking te maak nie. Hierdie man was paraat verby. Wat ookal jy in gedagte het, Barry het dit oorskry by verre. Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek skiet nie jou idee van “‘n paar goue reels van paraatheid” af nie. Ek weet net dit wat jy ag as “goud” is vir Barry nie eens “Basics” nie.
Hy was n klas ver bo dit!

Santie ·

Here wanneer gryp U in, asb ons is op ons kniee. Laat reg en geretigheid geskied.
Ons bid dag en nag vir beskerming.

Andre ·

Let wel nog ‘n WIT boer. Hoe is ons die rasiste ANC? Hoe is dit nie ras gedrewe nie?

Driekop ·

Wie gaan waar ingryp. Boere bewapen julle baie vinnig en begin nagpatroliesry. Stel julle aanklok reel in dorpe in. Kry infrarooi Heat detection drome in.

Haan ·

Nounet nog n boer buite Fochville vermoor. Hierdie is nie n grap nie mense. Daar heers tans (spesifiek na gister) n gees van moord in ons land. Sorg asseblief dat julle en jul geliefdes veilig is.

Ray ·

Miskien met ons vriende Fikile, Julius en al hulle trawante bietjie opstaan en dit verdoem. Almal se kyk na al die moorde in die land. My vraag is wie is die moordenaars? Wit, swart, pienk of geel, hulle het nodig om gevang te word. Ministers, in totaliteit gaan dit nie oor ‘n rassegroep wat vermoor word nie, want die moordenaars gee nie om wat jou velkleur is nie. Julle werk bly om die land veilig te hou en julle faal deur oor rassekwessies te skree. Hou op om die landsburgers teen mekaar op te maak vir Politieke punte. Vang die kriminele en sluit hulle toe. En R 500 “bail” help nie. As jy moor hoort jy nie in die gemeenskap nie. Gee nie om wat jou velkleur is nie

donker duiwel ·

Ek bly in Europa en daar was GEEN berig op Swart Maandag nie…behalwe een klein beriggie op BBC wat boere wys wat die apartheidsvlag waai. Ek sal maar eerder nie vertel waaroor die berig gaan nie.
Ons gaan geen hulp van buite kry nie en ook geen simpatie nie as ons mense nogsteeds nie geleer het die dinge van die verlede behoort in die verlede nie. Die apartheidsvlag was gesien as die vlag van S.A. se wit onderdrukkers…

Theresa ·

;n Kort rukkie se vlag. Wat het die buiteland te sê oor 23 jaar se moord in ‘n land waar daar ‘n halwe wenkbrou daarvoor gelig word – en dan is dit nie eers vir almal nie.
Nee wat. Die woorde apartheid kan nou maar op die rak gesit word. Dis verby saam met nasionalisme. Om mense nou uit te moor daaroor, is belaglik verby.
Dan moet die huidige landvlag liewer oral halfmas hang. Want daar sterf daagliks mense onder die onbeholpe regering. Iets om oor te treur. Elke dag.

Sophia ·

Ja ek het geweet die ouens met hulle ou landsvlae is besig om kwaai droog te maak, en DIT is wat ons gaan sink!! Wat is hulle probleem? Dink dit is altyd die ver-regses wat so tokkel op een snaar terwyl ons land brand…

Johannes ·

Daar is honderde duisende mense vermoor onder die “nuwe SA” vlag teenoor sowat 25 000 mense onder “apartheid” en dit aan die hand van sg. “onderdruktes”.

Terloops, hoe moet blankes en veral Afrikaners voel oor die ANC, SAKP, AZAPO, EFF, BLF ens. se vlae en simbole? Hoeveel onskuldige burgerlikes is gemoor deur die terreur van die ANC? Die simbole, vlae en liedere (wat geweld en moord aanmoedig teen blankes) van terreur organisasies en kommuniste is aanvaarbaar in SA en vir die wêreld, maar nie die ou Republiekvlag nie?

Andrea ·

Is dit nie tragies dat mense so dom kan wees nie? Ja, natuurlik respekteer baie nog die ou vlag, maar my genade, ons weet mos dis om olie op die vuur te gooi van die ANC ondersteunende media. Los die vlag by jou huis!

Johannes ·

AfriForum/Solidariteit – is dit nie tyd om ‘n NOOD VERGADERING OF BERAAD vir alle volkslede af te kondig nie?

Bekkie ·

Dis as of hul nie weet watter kant toe nie end as of die dinge nie reaal is nie….wonder waarom hulle smeek vir bydraes en wanneer d stemme voltallig sal wees? Ons wag op terugvoering ASB?

Fochville ·

Ook nou net gelees van n boer in Fochville omgewing wat oorlede is

Vra buitelandse hulp ·

Vra asseblief vir hulp van buitelandse organisasies om onsself teen die aanslag deur ons regering te beskerm.

Henning ·

Dit gaan nie vanself stop nie. Mense sê almal keer terug na God dan sal hy ons help. Daai selfde mense wat nie die Sabbat wil aanvaar nie. Sondag kerk toe gaan en daar na shopping. Almal ken die storie van Dawid en Goliat. Die Israeliete het net so min geloof gehad toe hulle teen die filisteine moes veg. Dawid het hulle moed gegee toe Goliat verslaan was. Toe het hulle geloof gekry en gewen. God sal ons ook eers dan help. Maar solank ons sonder geloof die oorlog wat aan die gang is wegpraat gaan ons aangeval en gemoor word. STAAN OP.

BOLANDER ·

VADER. HELP ONS ASB!!! DIT KAN NIE SO AANGAAN NIE!! U MOET ASB IN GRYP!!GEE ASB VIR ONS UITWEG UIT HIERDIE AAKLIGE TYD!!

AMEN, AMEN, AMEN

Nerina Wilmans ·

En nog een in Fochville vanoggend………………… ek is sprakeloos

Ek vra net ·

Asb, moenie my veroordeel nie….destyds in Rhodesia het dit net so gegaan. Almal het gebid om hulp en gesmeek, maar niks het gebeur nie…hoekom sal dit nou verander? Hoekom sal die Here ons dan nou help? Ek vra dit, want ek is moedeloos…dit voel vir my…”wat help dit om te bid?” Niks gebeur tog nie…. :-(

Leeu ·

@Irene, dis dieselfde message wat elke paar maande ens kopuitsteek, geen waarheid daarin nie, propganda. Mens kry altyd die paar mense wat die rug wil ry van iets ernstig om so hul 15min fame te kry.

Dan ·

Wel soos ek Barry ge ken het het hy altyd sy 9mm by hom ge dra hy was i baie sterk mens ook en het baie opleiding ge haat in self defense.
Boere sterke dis al wat ek kan se God is nou tyd om ons boere te kom help
Amen

Trots Afrikaans ·

En hoor jy die magtige dreuning?
Oor die veld kom dit wyd gesweef,
Die lied van ‘n volk se ontwakin,
Wat harte laat sidder en beef.
Van Kaapland tot bo in die noorde,
Rys dawerend luid dIe akkoorde:

Lees maar weer vir Siener. Keer terug na God. Die tye is naby.

Laetitia Mouton ·

Wens jy kon hele prentjie kry, nie net wat die media beskikbaar stel nie.

Swanna ·

Ons moet elke keer wanneer ‘n boer vermoor word daardie volgende maandag moet ons weer dit wat hierdie maandag gebeur het weer doen en ons moet aanhou met dit.

Julius Burmeister ·

Dit is ongelukkig so dat die verrassingselement aan die booswigte se kant is, maar juis daarom moet die ontvang kant absoluut versigtigheid aan die dag le. Enige geluide in die nag veral, moet met omsigtigheid benader word en die ontvang kant moet meer as net paraat wees, sodat die booswigte nie agter kom dat hul teenwoordigheid vermoed word nie. U sal se dis algemene kennis en almal weet dit, maar al is dit so, is die nalaat daarvan die booswigte se wins.

Gilla ·

Daar is ‘n protesoptog die 2de November, maar nie vir die redes op whattsapp genoem nie.
Op broadband en hoax praat hulle oor dit

christa ·

Ek se vir almal in Suid Afrika DIT IS DIE REGERING WAT AGTER ALLES SIT WAT MAAK ONS MET SULKE KORRUPTE LEIERS HAAL EERS DIE GEMORS UIT DAN KAN ONS DALK AAN GAAN…..

kerry ·

I feel sick to my stomach, I left SA 10 years ago due to retrenchment etc and age, however my children wanted to stay( they in their 30s. My family are all there and we visit 2x a year. I’ve just come back from a lovely visit only to see yet again it’s people literally getting away with murder!!!!! To all who participated in Monday’s black kit we respect and honour you. we all wore black in London as allot of xpats did. Senseless killings senseless

Pieter Kassimatis ·

Mees paraatste persoon wat ek KORTLIKS kon ken…..ONS IS GATVOL …

We are one ·

Ek is soooo moeg…vir alles wat aangan….die media maak net sensasie…Pls sorry i am actually English…at the end of the day i work and live in a amazing country culture race who actually cares what colour i am??? En ja ek is ook afrikaans…..die paar mense wat dink om n ou vlag te draai moet bykom!!!!

Fra ·

Geen waarheid nie, volgens ‘n persoon wat se die intelligensie diens weet niks daarvan nie.

Bekkie ·

Mense moet ophou om te vra wanneer gaan dit stop n bid dat d Here dit moet stop, wat nie verkeerd is nie, maar ons gewapende manne tesame met díe wat voldoende milleierskennis het sal moet plan maak….daar IS net EEN manier om dit stop the sit!

Rita ·

Dinsdag was n swart dag Weet van 5 moorde 1 in Stellenbosch 1 in Ficksburg 1 in Fochville 1 in Danysville en 1 in nog n plek Sooo dit is nie net meer een n dag. Dit is Skokkend

Gesiggie ·

Ek wil van die berge afskreeu”” God Help… red ons boere, elke dag nog n boer.. dit kan nie meer so aangaan. Daar is net baie onduidelikheid oor die geval , hoop dit sal gou uitgeklaar word. Aan die familie van die boer my innige meegevoel, Rus in vrede…

donker duiwel ·

Wat help dit as die gemors nooit eers gevang word nie ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.