Die skopsensasie Handré Pollard word volgende jaar pa.
Die Springbok-losskakel en sy vrou, Marise, verwag hul eersteling in April volgende jaar. Marise het dié nuus Sondagoggend op Instagram gedeel.
“Dankie Jesus dat U ons met hierdie klein lewe vertrou,” het sy geskryf.
Pollard is tans die rugbyspeler wat die derde meeste punte (195) nóg in ʼn Wêreldbeker-rugbytoernooi aangeteken het nadat hy weer in die afgelope toernooi nie ʼn skop pale toe gemis het nie.
Hy is boonop die tweede Bok in net ʼn week om babanuus te deel. Die Springbokslot Eben Etzebeth en sy vrou, Anlia, het verlede Sondag aangekondig dat hulle binne die volgende paar maande ʼn pienkvoet gaan verwelkom.
Die Bokke is tans besig om landwyd te toer om die Webb Ellis-trofee vir hul aanhangers te wys. Hulle was Saterdag in Durban en het vandag die strate van Oos-Londen ingevaar.
Baie baie geluk Handré en Marise.
Baie geluk julle twee. Jul is klaar pragtige ouers.
Baie Geluk Handré en Marise, mag julle kleine mensie vir julle sommer baie geluk en liefde bring!
Die man kan net nie mis nie! Baie geluk julle!