Nóg ʼn bom in Pretoria gevind

Hoek van Moot- en Charl Cilliersstraat in Daspoort, Pretoria-Wes Foto: Google Earth

Hoek van Moot- en Charl Cilliersstraat in Daspoort, Pretoria-Wes Foto: Google Earth

ʼn Springstoftoestel is Vrydag omstreeks 11:00 in Daspoort in Pretoria-Wes opgespoor.

“ʼn Verbyganger het die bom langs ʼn vullisdrom op die hoek van Moot- en Charl Cilliersstraat opgemerk,” het kapt. Thomas Mufumadi, woordvoerder van die polisie, Saterdag aan Maroela Media bevestig. “Die bomeenheid is ontbied.”

Volgens Mufumadi was die bom nie meer in werking nie. Die bomeenheid het verseker die toestel is onskadelik gestel en sal daarvan ontslae raak.

“Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die ondersoek duur voort,” het hy bygevoeg.

Vyftien Tweede Wêreldoorlog-springstoftoestelle is op 20 Oktober in ʼn skrootwerf in Pretoria-Wes opgespoor nadat een ontplof en ʼn werknemer gesterf het. Klik hier om meer te lees.

Altesaam 39 springstoftoestelle is die volgende dag in Hammanskraal in Pretoria opgespoor. Klik hier om meer te lees.

Mufumadi kon nie bevestig of die toestel in Daspoort verbind kan word aan enige van die vorige voorvalle nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.