Nóg ʼn brand by Kya Sands

Die brand by Kya Sands in Oktober 2014. Foto: ER24 / Twitter

Die brand by Kya Sands in Oktober 2014. Foto: ER24 / Twitter

ʼn Tweede brand wat Vrydag by Kya Sands in Gauteng uitgebreek het, hou glo nie verband met ʼn brand by ʼn informele nedersetting vroeër vandeesweek nie.

“Daar was nog ʼn brand by die Cashbuild langs die Kya Sands informele nedersetting,” het Nana Radebe, woordvoerder vir die Johannesburgse nooddienste, gesê.

Ongeveer 2 000 mense is dakloos gelaat toe ʼn brand Donderdag by die informele nedersetting uitgebreek het.

Radebe sê die brand by Cashbuild, wat omstreeks 18:00 uitgebreek het, is reeds geblus en geen beserings is aangemeld nie. Die oorsaak van die brand is nie bekend nie.

“Die publiek het klere, kos en komberse geskenk vir diegene wat deur Donderdag se brand geraak is,” het sy bygevoeg. “Ons is veral dankbaar vir een vrou wat ʼn ma met ʼn twee week oue baba en twee swanger vroue na haar huis toe geneem het.”

Lees meer oor die brand by Kya Sands.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.