Nóg ʼn brandstofskok kom

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

Die Automobiel-Assosiasie (AA) verwag nóg ’n skerp styging in die brandstofprys volgende maand met die prys van 95-oktaan-petrol wat na verwagting ’n rekordhoogte sal bereik.

Die departement van minerale hulpbronne en energie pas die brandstofprys volgende Woensdag aan.

Maroela Media het vroeër berig die algemene brandstofheffings en die heffing vir die Padongelukkefonds (POF) wat Tito Mboweni, minister van finansies, verlede maand in sy begrotingsrede aangekondig het, tree dán in werking.

Volgens die jongste gegewens sal petrol na verwagting met 73 sent per liter en diesel met 39 sent per liter styg. Die prys van paraffien sal na verwagting met 37 sent per liter verhoog word.

Indien die algemene brandstofheffings in ag geneem word, kan petrol met soveel as R1 per liter en diesel met 66 sent per liter styg. Die heffings word nié by die koste van paraffien gevoeg nie.

“Dit beteken dat die binnelandse brandstofprys vir April ongeveer R17,32 per liter vir 95-oktaan-petrol sal wees, wat die vorige hoogtepunt van R17,08 aan die einde van 2018 oortref,” sê die AA.

Bo en behalwe die verhoging in heffings betaal motoriste van April R5,96 per liter brandstof aan die GFL- en RAF-heffings, of tussen 35% en 40% aan belasting op elke liter wat aangekoop word.

Die AA sê die onlangse reeks stygings in petroleumpryse oor die afgelope twee maande het in die derde week van Maart ’n hoogtepunt bereik ​​en intussen effens afgeplat. Die rand het ʼn soortgelyke trajek gevolg.

“Dit is ongelukkig steeds ’n werklikheid dat die verwagte verhogings aansienlik sal wees. Die effense verligting van ’n daling in petroleum en die wisselkoers is ʼn skrale troos vir Suid-Afrikaners, wat steier onder die voortslepende ekonomiese skade weens Covid-19 en ʼn dekade van ekonomiese agteruitgang,” sê die AA.

Volgens die AA sal die verhoging van die brandstofpryse negatiewe gevolge vir almal in die land inhou, nié net vir motoriste nie.

“Ons kan net weer beklemtoon dat hierdie verhogings ernstige bykomende skade aan huishoudelike begrotings sal berokken.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Pieter ·

En so betaal die belasting betalers weer vir die ANC se gemors. Dit is net baie snaaks hoekom steek die taxis nie nou die petrol tankers aan die brand nie.

Termiet ·

Hulle gaan jou carbon tax laat betaal vir die donkies se uitlaat gasse.

Adri ·

Stoot hom liewer drankwinkel toe, netnou is al die bottels in die bottelstoor leeg!

covid leuens ·

Net soos europa ,gaan petrol en diesel nie meer beskikbaar wees voor 2030. Die krag van eskom val onder dieselfde kategorie. Dit besoedel die lug. Loadshedding is agv global warming. Tot masjiene wat “carbon” borsels gebruik het verander na directdrive ontwerpe. Koolstof se tyd is verby. Daarom is brandstof pryse nag,climate change is aan die orde van die dag

tweeling ·

Duidelik weet jy nie wat in Afrika aan die gang is nie. Petrol en diesel gaan nog vir baie jare met ons wees. Wat gaan die honderde vragmotors in Afrika aandryf – batterye? Droom maar lekker!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.