Nog ʼn burgemeester vas vir moord

Foto: SAPD/Facebook

Nog ʼn burgemeester van KwaZulu-Natal is op aanklag van moord in hegtenis geneem.

Die burgemeester is Vrydag by die betrokke munisipaliteit se kantore in hegtenis geneem.

Reneilwe Serero, woordvoerder van polisieminister Bheki Cele, het gesê sy kan nie die naam van die burgemeester wat in hegtenis geneem is bekend maak nie aangesien hy nog nie in die hof verskyn het nie. Die burgemeester is glo in hegtenis geneem in verband met ʼn politiek verwante moord.

Dit kom nadat Mluleki Ndobe, burgemeester van die Harry Gwala-distriksmunisipaliteit, vroeër die maand in hegtenis geneem is in verband met die moord op Sindiso Magaqa, die voormalige sekretaris-generaal van die ANC-jeugliga.

Ndobe staan tereg op een aanklag van moord en twee aanklagte van poging tot moord, het die Umzimkhulu-landdroshof gehoor. Ndobe het Dinsdag saam met Sbonelo Lindelani Myeza (39), Mbulelo Innocent Mpofani (34) en Zweliphansi Skhosana (48) in die hof verskyn.

Die mans staan almal tereg op aanklag dat hulle saamgesweer het om Magaqa en sy kollegas, Nontsikelelo Mafa en Jabu Msiya, in Julie 2017 te vermoor.

Magaqa, ten tyde van sy dood ʼn skakelbeampte by die Umzimkhulu-munisipaliteit, is doodgeskiet. Mafa en Msiya het die aanval oorleef, maar hulle is onder beskerming geplaas. Umzimkhulu val onder die Harry Gwala-munisipaliteit.

Siboniso Mbatha, burgemeester van die Endumeni-munisipaliteit in KwaZulu-Natal, is in Mei 2018 saam met ʼn raadslid en ʼn vermeende huurmoordenaar in hegtenis geneem oor ʼn beweerde politieke moordkomplot.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Maljan ·

Is hulle al? Soek bietjie hoër. Waar n rokie trek, sal n vuurtjie brand.

marous ·

Die eerste burgers van die nasie is die top punt van voorbeeldigheid .

Klaas Vakie ·

As n eis van R150000 teen die juffrou ingestel is vir n klap, dan kan Magaqa se familie mos ten minste R15 miljoen eis, want hy is dood!

George in Bloem ·

Meanwhile back in the Freestate Ace Magashule is walking around as free as a bird. Lyk my hoe hoer op in die hierargie hoe meer onaantasbaar,maak nie saak watse misdaad gepleeg word nie.Dis die klein vissies wat bietjie teenspoed kry,net genoeg om die skyn voor te hou. Mooi man.

Judge Dredd ·

Dis die burger meester van Newcastle – Ntuthuko Mahlaba.

jaco ·

As ‘n ANC-burgemeester nou ‘n DA-raadslid vermoor het, kon ek dit nog verstaan, maar waarom vermoor hy ‘n ander ANC-lid? Iets maak nie sin nie.

Allie ·

Dit is ook skokkend, onaanvaarbaar en om van in trane uit te bars oor wat sogenaamde “burgemeesters” per maand aan salarisse verdien!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.