Nog ’n Clifton-strand gesluit

Clifton, Kaapstad. (Foto: Bevan Langley)

Clifton se eerste strand is Maandagaand tot verdere kennisgewing vir die publiek gesluit weens die rioolpomp in die omgewing wat onklaar geraak het.

Maroela Media het vroeër berig die pomp – wat Sondag onklaar geraak het – het daartoe gelei dat afvalwater op die strand opdam. Clifton se vierde strand is toe vir strandgangers gesluit, maar later weer oopgestel.

Die probleem blyk nou na Clifton se eerste strand oorgespoel het en die Stad Kaapstad het onmiddellik die aangetaste gebiede afgesper en waarskuwingsborde opgerig om die publiek in kennis te stel van die voorval. ʼn Keerwal is ook opgerig om te verhoed dat die afvalwater die see besoedel.

Volgens die Stad Kaapstad het verskeie stadsdepartemente sedert Sondag onverpoos gewerk om die rioolpomp te herstel. Inwoners word gewaarsku dat dié herstelwerk ʼn geraas kan veroorsaak.

Dit is nog nie duidelik wat die oorsaak van die fout by die aanleg is nie, en owerhede stel steeds ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
casper

Blatante onkundigheid — waar is die bystands pompe????????????

Pieter

Groot verleentheid. Rykmansbuurt met rykmansmis in die water. Dit laat jou status stink en sink.

Swerwer

En so dryf die bollies in die water wat die ANC Regering wil hê ons moet glo

Samuel

Die stad spring baie vinnig in die rykmansbuurt!! Dit is waar die skatryk partybefondsers woon en groot belastingbetalers woon.

Wanneer iets soortgelyks in die nie-welvarende gebiede gebeur, moet jy lank wag en geduldig wees. Dan raak die amptenare nog boonop hardekwas wanneer jy navraag doen. Jou wyksraadslid beteken ook net mooi niks.