Abel Tau, ʼn DA-raadslid wat sedert Desember kortstondig as tussentydse burgemeester van Tshwane gedien het, is die mees onlangse DA-lid om oor te loop na Herman Mashaba se nuwe politieke party.
Mashaba, wat tot verlede jaar nog as DA-burgemeester van Johannesburg gedien het, het Donderdag dié nuus in ʼn verklaring bekendgemaak. Mashaba is die stigter van The People’s Dialogue.
“Ek is baie in my skik om aan te kondig dat Abel Tau die mees onlangse Suid-Afrikaner is om by ons nuwe party aan te sluit,” het Mashaba gesê.
“Toe ek die nuwe party gestig het, het ek dit duidelik gemaak dat ons nie ʼn tuiste sal wees vir politici wat ons mense in die steek gelaat het nie. Enigiemand wat by ons party aansluit, moet foutloos wees. Ek is van mening dat Abel Tau aan hierdie kriteria voldoen.”
Hy sê Tau sal ʼn waardevolle bydrae lewer tot die koördinering van partystrukture in Tshwane. Volgens Mashaba het Tau besluit om by The People’s Dialogue aan te sluit omdat hy deel wil wees van ʼn beweging wat in staat is om die ANC-regering te onttroon en die lewens van Suid-Afrikaners te verbeter.
Tau is die jongste van ʼn rits DA-lede om by Mashaba se party aan te sluit. Ander DA-lede wat oorgeloop het, sluit in die voormalige streeksvoorsitter van Johannesburg, Funzile Ngobeni, en die DA veldtog-organiseerder Michael Beaumont. Die voormalige ANC-LP en fluitjieblaser Vytjie Mentor het ook onlangs by Mashaba aangesluit. Mashaba se party word amptelik op 29 Augustus bekendgestel.
John Moodey, DA-leier, het in ʼn verklaring gesê hy neem kennis van Tau se bedanking. “Die DA respekteer sy reg om die besluit te neem, hoewel ons dink dis ʼn verkeerde besluit. Ons wens hom nietemin sterkte toe met sy toekomstige ondernemings.”
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
8 Kommentare
Ek het al paar keer geluister na Herman Mashaba en hou van hoe hy dink. Dalk nie ‘n slegte alternatief nie…
Vytjie Mentor is vanaf die ANC na die ACDP toe. Nou skuif sy al weer…
Goed so .
Nog net ‘n paar soos phumzile van damme, dan sal die meeste rassiste uit wees. Enigste probleem is om ‘n politikus te kry wat ‘n hart het. Hul almal werk vir hulself en hul eie behoud. Ja selfs die VF plus, vir wie ek die laaste keer gestem het. Ons het ‘n nuwe politieke party nodig. Die lede moet ‘n vaste werk hê in die samelewing en net deeltyds as politikus werk. Soos ‘n beheerliggaam. Dis die beste manier om te sorg dat hul vir die land werk en nie vir hulself nie. Die grootste fout wat gemaak was was… Lees meer »
Gun Mashaba die geleentheid.
Dit sal van hom en sy party afhang of hulle suksesvol sal wees of nie.
Elkeen verdien n kans.
Sal dit nie fantasties wees as hy die ANC en EFF n punt kan bewys nie!