Nog ʼn dag van beurtkrag aangekondig

Khulu Phasiwe, Eskom se nasionale woordvoerder, het op Twitter foto’s gedeel van betogers wat voorwerpe brand en paaie afsper (14 Junie 2018). Foto: Twitter via @KhuluPhasiwe

Fase 1-beurtkrag sal tot 21:00 vanaand ingestel word, aangesien die nasionale kragnetwerk steeds nie herstel het ná Donderdag se protesaksies nie.

Khulu Phasiwe, woordvoerder van Eskom, het gesê die kragvoorsiener was genoodsaak om beurtkrag vanaf 11:30 te implementeer aangesien sy kragopwekkingseenhede voortdurend uitskop.

“Voorvalle van intimidasie en sabotasie gaan vandag weer voort by Eskom se kragstasies. Hierdie voorvalle is besig om die bestendigheid van ons kragvoorsiening te bedreig,” het Phasiwe gesê.

Die kragvoorsiener het ook laat hoor dat beurtkrag oor die naweek hoogs waarskynlik is.

Eskom het Donderdagaand vir die eerste keer in ’n baie lang tyd beurtkrag ingestel nadat protesaksie deur ontevrede werkers die nasionale kragnetwerk onder druk geplaas het. Maroela Media het vroeër berig lede van die vakbonde NUM en Numsa het in groot groepe buite Megawatt Park in Johannesburg saamgedrom en betoog. Betogings is ook by verskeie Eskom-kantore en -kragstasies gehou.

Volgens die kragreus het die betogings gepaardgegaan met sabotasie en intimidasie en was daar verskeie voorvalle waar personeel aangeval is, paaie versper is en elektrisiteitsinfrastruktuur opsetlik beskadig is. Steenkoolaflewerings per pad is ook weens veiligheidsredes gestaak.

Phasiwe het Vrydag gesê Eskom het intussen ʼn hofinterdik bekom wat die intimidasie van werkers en kontrakteurs, die sabotasie van Eskom se infrastruktuur en die kaping van steenkoolvragmotors verbied.

Die ontevrede werkers eis ʼn salarisverhoging van 15%, maar Eskom is nie bereid om enige verhogings toe te staan nie weens die maatskappy se benarde finansiële situasie.

Die beurtkrag word volgens munisipaliteite se gepubliseerde beurtkragskedules ingestel. Direkte Eskom-kliënte kan Eskom se webtuiste besoek vir die beurtkrag-skedules.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Alida ·

Toe CR los die begragnisse uit en bring jou kant en stuur die weermag in om te help om die orde te herstel. Stemme is nou van geen belang nie wys jou ruggraat en doen iets.

Sè ek ook ·

Sè ek ook Marinda!!! Dit maak my so ongelukkig en boos dat die hoè mense wat sit in Eskom en n magtige salaris betaal word, sulke dinge toelaat so asof daar vir hulle gesè word gaan maar voort, verwoes en plunder dit wat julle doen is reg. En om als te kroon dan moet ons aan die kortste end trek die spit af byt omdat hulle soos kleintjies tekere gaan en dan moet ons rond skarrel om voorsiening te maak. En ons moet maar net gelukkig wees daarmee. Hoe pateties!!! Dit wys net weereens vir my wie slaan die kitaar!!

Jaco ·

Dankie Eskom. Ons hele bakery staan nou stil en alles het plat geval. Het 13 werkers om te betaal wat nou net sit. Besigheid is klein en moes alles sluit nou!!!!!!!!

Casper Labuschagne ·

@Jaco dit is ‘n ekonomiese misdaad wat veroorsaak dat die hele land ‘n geweldige duur prys moet betaal. Buiten die kettingwinkels het ons hele dorp effektief twee uur vanmiddag toegemaak toe beurtkrag inkom – wat kan jy anders doen tensy jy werkers na ure wil laat werk en dan boonop oortyd moet betaal?

Die ekonomiese situasie is reeds benard en dit gaan nie veel neem vir nog ondernemings om hul deure vir ewig te sluit nie.

Marcel ·

Waar in die lewe word jy toe gelaat om mense te laat staak vir 9% en 15% verhoging. As ek vra vir 15% kan ek maar gaan staak tot ek 100 jaar oud is ek sal dit nie kry nie. Jy moet bly wees as jy inflasie kry as jou verhoging, maar die president is mos klaar gestel……As jy nie kry wat jy wil hê nie, staak net en saboteer dan gee hulle in en betaal wat jy soek en ons belastingbetalers moet maar net smile and wave.

Stokkies ·

Hulle het destyds gese ons sal nie weer beurtkrag he nie.. maar eintlik het hulle geweet ons gaan moet, so al manier om dit toe te smeer is om n paar stakende werkers te blameer, wat in elk geval nie in die pad gaan gesteek word ten spyte van die “belangrike diens personeel mag nie staak nie” wetgewing.. ek hoop ek is verkeerd maar hier kom nog baie

Lee ·

Wraggies useless!!! Hierdie ANC regering van ons laat alles ter gronde gaan. Ons betaal vir ons krag. As Eskom nie verhogings kan betaal nie is dit wragtig nie ons probleem nie. Raak van top management ontslae daar is hopeloos te veel wat net rondsit. Wat het ons belastingbetalers in elk geval met hulle salarisse te doen?? Ons betaal genoeg in ‘n maand soos die stadsrade ons overcharge. Unions laat ‘n land net uitmekaar uit val. Hoogtyd mens van hierdie useless lot ontslae raak!!

Cool ·

Ek like jou Lee want jy slaan die spyker mooitjies op die kop.

bgj van der westhuizen ·

dank werkers af wat goed beskadig of ander werkers aan rand om dat hulle gaan werk en laat die unie betaal vir alle skade wat aan gerig word dan sal daar gesien word hoe gou stop alles maar die anc regering is te bang om hulle man te staan

Casper Labuschagne ·

Moqhaka (Kroonstad voordat die witmense die verkiesing verloor het) se krag is 14:00 tot 16:00 vandag af. Dalk net genoeg tyd om hierdie te plaas.

Liberaal ·

Ek sien op die lys dat Eskom en die munisipaliteite fokus op blanke gebiede, eks so bly om te sien dat die liberaal demokratiese regte van swartmense nie ingedoen word nie.

Casper Labuschagne ·

@Liberaal – en niemand sien enigsins iets daarin wat naastenby soos rassisme lyk nie. Dit is heel aanvaarbaar dat Eskom juis die segment van sy kliënte sal straf wat getrou hul rekenings betaal en ook nooit hul eie onwettige verbindings sal instel nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.