Nóg ʼn dag van beurtkrag

Argieffoto

Ná ʼn onverwagte Sondag van beurtkrag het Eskom Maandag aangekondig dat hy vandag weer Fase 2-beurtkrag sal toepas.

Die beurtkrag het om 09:00 begin en sal na verwagting tot 22:00 voortduur.

Beurtkrag is nog nie weer sedert 9 Desember verlede jaar toegepas nie. Die kragvoorsiener het gister gesê hy was genoodsaak om beurtkrag in te stel weens ʼn tekort aan kragkapasiteit. “Ons moet ook ons noodwater- en dieselvoorraad spaar en aanvul om die moontlikheid en omvang van beurtkrag in die komende week te beperk.”

Die beurtkrag Sondag was egter nie genoeg om beurtkrag vandag af te weer nie. Tydens Fase 2-beurtkrag word 2 000 MW krag op ʼn rotasiegrondslag bespaar op enige gegewe tydperk. Eskom het verbruikers herinner dat beurtkrag as laaste uitweg gebruik word om te verhoed dat die kragstelsel geheel en al ineenstort en die hele land sonder elektrisiteit gelaat word.

Verbruikers wat deur hul munisipaliteit krag ontvang, kan op die bepaalde munisipaliteit se webwerf kyk vir die beurtkragskedule. Direkte Eskom-kliënte kan www.loadshedding.eskom.co.za/ besoek of die inbelsentrum by 0860 037 566 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Boskrokkodil ·

Ag hulle is seker nou weer huilerig omdat hulle opgebreek gaan word. Tantrums soos die was mos ook weer gegooi elke slag as hulle nie hul sin kry by NERSA nie.

Zumie ·

Jaaaa dit gebeur as jy dink “maintainance” beteken papgeld
en “beplanning” is ‘n vreemde begrip

Koosie ·

net omdat hul nie die verhoging kon kry so hul wou nie word ons nou weer gestraf. tog kry hul n groter bonus elke jaar as wat die meeste mense jaarliks verdien. Swak

Pieter ·

Verseker! Toe senior bestuur se verlof in gedrang kom, get beurtkrag baie vinnig gestop. Maar nou kry hul nie hul verhoging nie – tyd vir nog ‘n tantrum! BEURTKRAG!!! Dis tyd dat Eskom van die kaart af verdwyn en volwasse rolspelers die kragvoorsiening oorneem…

Johan ·

Kan die swak regering nie begin om die geld wat deur korrupsie en slegte besluite uit hulle koffers verdwyn het terug te kry nie. As al die geld terggegee word het hulle Meer as Genoeg om aan te gaan. Wat nou gebeur is n goeie voorbeeld van blackmail.

SjN ·

Geen beurtkrag sedert 9/12/2018, is geen prestasie nie, inteendeel dit bewys dat die bestuurspan onbevoeg is tov beplanning en instandhouding van die organisasie.

GM ·

Ons is gister amper vyf en ‘n half ure geloadshed. En nou is die krag alweer af. Word die informele nedersettings ook so lank, indien enigsins, geloadshed?
Dalk moet als maar net inmekaar tuimel en klaarkry. Dis tog wat hulle wil hê.

Boet ·

As hulle eskom in drie opbreek maak hulle die een probleem drie keer groter.

De Villiers ·

Waar kry ‘n mens ‘n betroubare beurtkrag skedule? Eskom sal nie eens die moeite doen om die publiek net ten minste van ‘n opgedateerde en betroubare skedule te voorsien op hul webwerf nie. Elke keer as ek my area se besonderhede kies, is die terugvoering dat daar geen skedule beskikbaar is nie.

James ·

Van stabiel, tot ‘n skielike fase 2 op ‘n Sondagoggend – na fase 4 op ‘n Maandag.

Hy gaan val. Die hele netwerk. Amerikaners noem dit “gridfailure”.

Die HELE land gaan binnekort skielik op ‘n mooi dag, sonder enige krag wees.

Dink ‘n bietjie oor wat DIT sal beteken……

Eskom. Die Achilles hiel vir die Nuwe Suid Afrika.

Kyk hoe huil ek.

DeVill ·

Fase 4 beurtkrag aangekondig!

Viva ANC, Amandla Awethu, Viva!

jakes ·

So n ruk gelede het n kragkenner op die Groot Ontbyt gese dat voor einde Maart sal die hele kragstelsel in SA in duie stort. Ek glo nie dis nou meer so vergesog nie. As n blinde ander blindes lei, sal hulle nie almal in die sloot val nie?

DeVill ·

@Jakes, miskien is dit wat ons nodig het.

Ek wil egter hê dit moet so gou as moontlik gebeur sodat ons kan begin opbou en veravng!

Arak ·

Terwyl ek hier sit en luister na die magtige dreuning (van die kragopwekkers wat moet loop), wonder ek net hoe lank ons nog polities korrek moet wees; mag mens nou al die verband begin sien tussen die mense wat in beheer is en die ineenstorting van die land of moet ons nog blind wees?

Jerry ·

Wil nou nie lelik wees nie maar kan Eskom maar net so wel toemaak. Hierdie alles deur Wanbesteding. Skokkend watse skade hierdie bestuur aan SA gedoen het. Ek sal te skaam kry om vir my salaris te vra as ek hulle was.

AP ·

Hoop net my elektriese toestelle gee nie in nie. Maar nou ja die vorige “regime” ens….
Ten minste het ons dit nooit ondervind nie en ook nie lands infrastrukture wat so platval nie
……

Elmer Swanepoel ·

Daar is geen inligting op Stad Kaapstad se webwerf oor beurtkrag in Somerset-wes nie.

Ray ·

Jare terug toe ek ‘n Eskom werknemer was, was ons trots daarop dat ons aanlyntyd met eerste wêreld lande kon meeding.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.