Nóg ʼn daling in brandstofpryse

petrolpomp 2

Argieffoto.

Indien die huidige vlakke van die rand en petroleumprodukpryse voortduur vir die res van die maand, kan motoriste nóg ʼn aansienlike daling in brandstofpryse verwag.

Paul Joubert, senior navorser by die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), het gesê indien die huidige vlakke voortduur sal die prys van petrol met ongeveer 31c per liter daal op 7 September, terwyl die groothandelprys van diesel met sowat 58c sal daal onder dieselfde omstandighede.

Joubert het gesê indien die prys van olie egter aanhou styg of die rand se huidige sterk lopie tot ʼn einde kom, sal hierdie dalings kleiner wees.

“Onder die verwagte omstandighede sal die prys van 93-oktaan petrol in Gauteng in September dan sowat R11,77 wees, terwyl die groothandelprys van ʼn liter diesel met 0,05% swawelinhoud sowat R10,39 sal wees. Dit sal die laagste pryse sedert Maart 2016 wees. In die afgelope vier jaar was daar slegs vyf maande waarin petrol goedkoper was, en ses maande waarin diesel goedkoper was as wat dit waarskynlik in September sal wees,” het Joubert gesê.

Die prys van petrol, 95- en 93-oktaan, het op 3 Augustus met 99c per liter gedaal terwyl die groothandelprys van diesel met ʼn swaelinhoud van 0,05% met 74c per liter gedaal het en diesel met ʼn swaelinhoud van 0,005% met 41c per liter gedaal het.

Brandstof

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

jaco ·

As die prys aanhou daal, stem ek dalk ANC in die volgende verkiezing.

Jef ·

Die denkwyse van die klomp sal wees wanneer die voedselpryse daal dan styg die brandstof pryse weer.

Lou ·

So klompie jare terug was die olieprys $60 per vat en die petrolprys R6 per liter. Nou is die olieprys terug op daardie vlak, maar ons petrol kos dubbeld soveel. Boonop maak Sasol die meeste petrol sommer hier. Lyk my soos daylight robbery en n paar mense smile breed.

knersus ·

@ Lou
‘n Klompie jare terug was die Dollar US R7.00 per $.
En, intussen het die belasting op brandstof meer as verdubbel.
En, SASOL word kontraktueel verbind om nie brandstof goedkoper as bv. BP of Engen te verkoop nie.

Paul ·

Net ‘n korreksie, knersus. Sasol word nie KONTRAKTUEEL verbind daartoe nie, Sasol word (soos alle ander maatskappye en mense) WETLIK VERPLIG om dit te doen. Kontraktueel impliseer dat twee of meer partye vrywillig daartoe instem. Wetlike verpligting beteken eenvoudig mense word gedwing om dit te doen.

Lou, as ons gou na jou syfers kyk: Die laaste keer dat petrol rondom R6 per liter gekos het, was aan die begin van 2007. Die prys van olie was toe inderdaad ongeveer $60 per vat. Maar jy vergeet dat een dollar toe slegs sowat R7.20 kon koop, nie bykans dubbeld soveel, op omtrent R13,50 soos nou nie.
Onthou ook dat die belasting op petrol van 2007 tot 2016 baie hoër geword het.

As jy die som maak, maak hom volledig.

Burger ·

Dit raak belaglik. Ek het nie tyd om al die goedkoop petrol uit te ry nie. Hoekom het ons nie meer lekker bekostigbare v8 s op die mark nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.