Nóg ʼn Denel-hoë bedank

Die finansiële hoof van die sukkelende wapenvervaardiger Denel het nou ook bedank.

Die maatskappy het Maandagaand in ʼn verklaring Carmen le Grange se bedanking aangekondig. Haar laaste werkdag is op 27 Maart.

“Die raad bedank me. Le Grange vir haar waardevolle bydrae tydens haar as termyn as finansiële direkteur van Denel,” het die staatsbeheerde onderneming gesê.

Le Grange is in September 2019 in die pos aangestel en haar bedanking is die jongste in ʼn vlaag wat dreig om die wapenvervaardiger selfs dieper in die moeilikheid te dompel.

William Hlakoane is verlede maand as waarnemende uitvoerende groephoof aangestel nadat Talib Sadik se kontrak as waarnemende uitvoerende groephoof geëindig het.

Sadik is in Augustus verlede jaar aangestel nadat Danie du Toit na minder as twee jaar as uitvoerende hoof bedank het.

Denel sukkel die afgelope ruk selfs net om werkers se salarisse te betaal. Vakbonde het die wapenvervaardiger verlede jaar hof toe gesleep namens sy lede wie se agterstallige salarisse vir Mei, Junie en Julie nie betaal is nie.

Denel is in Augustus gelas om alle agterstallige salarisse en kontraktuele en statutêre verpligtinge teenoor sy werknemers na te kom, maar het die bevel tot dusver verontagsaam.

Sommige werkers het soveel as agt maande laas hul volle salarisse ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Frank ·

Ai, en watter lieflike plek was dit nie om voor te werk in die 80’s en 90’s nie. Enige jong man se droom gewees.

PH ·

Wêreldklas wapenkundiges van die 1980’s en 90’s wat deur derde wêreldse ‘”bestuur” vertrap is. Daarmee saam honderde private, hoogsopgeleide sub-konrakteurs.

jzjz05 ·

D it is nie nie iets nuut nie ,Denel volg maar net die ander se pad van vooruitstrewend in die apartheid tyd tot bangkrot in die ANC se NUWE apartheids regering.dan roem hulle in die parlement met wat hulle als gaan doen maar wat hulle nie sê nie hulle moet die geld gaan leen om dit te doen wat hulle sê hulle wil doen ,SA se geld weet ons nou al wat van dit geword het.

Barend ·

Ipv ‘n reddingsboei, hoekom dan nie die SANW se toegekende begroting verhoog sodat hulle meer sake doen met Denel nie. Dan is dit sommer 2 vlieë met een klap. Met die staatskapers tans onder die vergrootglas is daar dalk ‘n kans dat dit reg aangewend word

Stephanus ·

Sal vir my beter wees om n reddingsboei aan Denel te gee as wat die fondse na die SAL gekannaliseer word..

Barend ·

Ek stem, die SAL is ‘n baie diep gat. Deur die SANW sal hulle darem vir Denel ‘n reddingsboei gee wat nie verniet is nie.

Sarel ·

Finansiéle Hoof…..so wat is haar aandeel.in Denel se benarde posissie? Hoekom bedank zy en hoeveel.pensiosn kry sy in vetgelyking met wetknemers

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.