Nog ʼn deur gaan toe vir Hlaudi

Hlaudi Motsoeneng. Foto: Catherine Rice/ANA

Hlaudi Motsoeneng. Foto: Catherine Rice/ANA

Die Wes-Kaapse hooggeregshof het Dinsdag die SAUK se aansoek om appèl teen ʼn vroeëre hofuitspraak, wat Hlaudi Motsoeneng se aanstelling as groepshoof van korporatiewe sake by die openbare uitsaaier as onwettig verklaar het, van die hand gewys.

Die hof het vroeër bevind dat Motsoeneng onbevoeg is om enige posisie by die openbare uitsaaier te beklee totdat ʼn verdoemende verslag deur die openbare beskermer ter syde gestel is of ʼn nuwe dissiplinêre verhoor hom van enige oortreding vrygespreek het.

James Selfe, voorsitter van die DA se federale uitvoerende komitee, het die hofbeslissing verwelkom en dit as ʼn “oorwinning vir die gereg” bestempel. “Dit is ʼn positiewe stap dié om die integriteit en die onafhanklikheid van die SAUK te herstel,” het Selfe gesê.

Hy het gesê die party verwelkom ook die feit dat Motsoeneng “en sy giftige invloed” nou uit die SAUK verwyder sal word totdat ʼn dissiplinêre verhoor of verdere hofbeslissing andersins beslis.

“Hierdie saak sleep nou al ʼn geruime tyd voort, vanaf die DA se eerste regsaksie teen mnr. Motsoeneng in 2014 om die hof te versoek om te bevestig dat Motsoeneng onbevoeg is om enige posisie by die SAUK te beklee. Dit is hoog tyd dat die SAUK nou ophou met hierdie ligsinnige regsgeding ten koste van die belastingbetaler en eerder daarop fokus om die openbare uitsaaier reg te ruk en die skade te herstel wat mnr. Motsoeneng gedurende sy skrikbewind aangerig het.”

Lees alle vorige berigte oor die SAUK op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Jolly ·

AL die deure moes klaar toegewees het, het nie geweet daar is nog een wat oopstaan nie, of is hy ons nuwe President?

Chris ·

Wat verstaan ons Suid Afrikaners nie? Ons woon in Afrika, hier is die Afrikaan in beheer. Watter wet het die man onbevoeg verklaar. Dit is soos Afrika werk, gewerk het en sal werk. Ons kan maar raas en blaas, hy sal nie weg gaan nie. Hy sal “geskuif” word en siedaar hy slaan soos varkmasels net weer op ‘n ander plek uit.

Johan ·

Jolly, sal dit jou verbaas as Hlaudi president word?. Hy het uiters min kwalifikasies nodig maar is steeds beter gekwalifiseer as die huidige president, want hy het glo byna matriek. Indien daar ander eienskappe is wat vereis word (dink bietjie!) het hy hulle reeds almal!

Johan ·

Smaak my daai rooi ogies het baie deure en as daar nie n deur is nie…..Maak hy een.
Seker kry hy nog sy volle salaris ook, tot al die deur uiteindelik toe is

Danie ·

Hy kry nie n sent uit my sak betaal nie TV lisensie. Ongelukkig vat hy nog van my belasting geld. Daar gaan n tyd kom dat daar burgerlike verset gaan wees teen belastings en heffings wat net in die sakke van politiesie beland.

Stem saam ·

Ek stem met jou 100% saam Danie, dit gaan binnekort weer wees soos met die Franserevolusie.Suid Afrika is vinnig oppad soon toe.

AL ·

Dankie DA dat jul daardie inisiatief geneem het in 2014 om klagtes teen hom aanhangig te maak. Die Staat en SAUk moet stop om ons belastingbetalers se geld te mors en dit eerder gebruik om huise te bou vir die arm mense.

Chris ·

Hy gaan seker nou n ambasadeers pos kry, miljoene n jaar oorsee kry vir niks doen

Piet Pompies ·

Die man se kennis oorskadu sy optrede….. te lank jou welkom (overstay your welcome)

Mike de Beer ·

Daar is niks te bewys itv sy bevoegdheid enige pos te kan beklee nie? Hy het gelieg oor sy kwalifikasies en dit het hom onregmatig tot voordeel gestrek. Dit is gewoon krimineel en behoort as sulks gehanteer te word. Hy moet aanspreeklik gehou word vir die gevolge van sy onbevoegdheid agv sy kwalifikasies vir verkeerde en duur besluite. Verder moet hy terugbetaal want sy vergoeding is bepaal op sy gewaande kwalifikasies.

Grassie ·

Ek glo nie ons gaan so maklik van ou rooi-oge ontslae raak nie. Met sy “Faithless” minister en sy vriend Zoempas aan sy sy gaan hy ons nog baie hoofbrekens besorg. Intussen sit hy en niksdoen nie en ontvang daarvoor ‘n reuse salaris wat hy aan homself toegeken het. Dit is darem maar lekker hier in lala-land.

wilma ·

Oe kan hieri Govt ni in hul koppe kry nie. Niemand kan n land of enige iets regeer sonder ordentlike kwakifikasies nie. Al wat hul doen is om dit ini grond te govern. Buitendien praat iemand van TV lisensies. Huh wat is dit. ?

Magda Cooper ·

Miskien moet hy op die eerlike manier sy Matriek en verdere studies gaan doen – en dan eerlike werk doen en n salaris ontvang wat hy werklik verdien, en stop om ons belasting betaler se geld te mors – al betaal hy self nou vir die uitgawes – dit is nog steeds die Hof se tyd en geld wat gemors word.

SARIE VAN HEERDEN ·

Op watter basis is Motsoeneng (SAUK) aangestel as hy nie volgens kwalifikasies aangestel is nie. Dit is tog wel bewysbaar so sonder matriek, ens.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.