Nog ʼn deurbraak ná aanval op Kimberley-paartjie

Piet en Rikkie. Foto: Facebook

Die polisie het nog ʼn deurbraak gemaak in sy ondersoek na die wrede aanval op die bekende Kimberliet, Piet Els, en sy lewensmaat, Magrietha “Rikkie” Alsemgeest.

Kapt. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn tweede verdagte is Woensdag in verband met die voorval in hegtenis geneem. Volgens Kock is die verdagte omstreeks 02:00 by ʼn huis in Donkerhoek in die stad vasgetrek.

Hy het gesê die verdagte, ʼn 26-jarige man, sal binnekort in die Kimberley-landdroshof verskyn.

Die inhegtenisneming kom kort nadat ʼn 25-jarige man Maandagaand by ʼn huis in Galeshewe in hegtenis geneem is. ʼn Juweliersitem wat aan een van die slagoffers behoort is in sy besit gevind.

Maroela Media het vroeër berig Els en Alsemgeest is verlede week Dinsdag op hul plaas sowat 10 km buite Kimberley aangeval. Vier aanvallers het die paar gedreig en aangerand voordat hulle hul hande en voete vasgebind het.

Die verdagtes het die kluis met ʼn hoeksnyer oopgesny en met ʼn groot hoeveelheid waardevolle items, ʼn jaggeweer en ʼn wit Mercedes-Benz op die vlug geslaan. Die voertuig is later verlate op die R31 naby Phutanang buite Kimberley opgespoor.

Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, het vroeër aan Maroela Media gesê Els en Alsemgeest is glo vir ure aangerand en gemartel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Blits ·

Ek dink regtig dat mense wat dit aan ander mense doen moet ook so gemartel en aangerand word prisies dieselfde wat die slagoffers moes deurmaak en verdier.

Daar moet geen genade wees vir die booswigte nie

Sw ·

“Genade is die ondergang van geregtigheid” – russiese spreekwoord.

Christo ·

Maroela Media, enige nuus omtrent Mnr Els se kondisie? Van wat ek laaste verneem het, het sy toestand na “kritiek” verswak. Enige inligting sal waardeer word.

Carole ·

Volgens sy seun gaan dit beter en is hy nog effe deurmekaar, maar praat al.

Johan. H. ·

Booswigte is mooi afrikaans, herlaas, die gemors kwalifiseer nie om eers dit genoem teword nie, dink meer in die lyn van daardie verbode , vreeslike , oee pasop,,, naam, Want dit is wat die gemors is,,

PJC ·

Daar is so min bekend omtrent die aanval bv. hoe het die aanvallers ingekom ens. Mense moet leer uit hierdie aanvalle en hulle dienooreenkomstig beveilig.

Marianne ·

My familie is jare ous kennisse van oom Piet, dit verskriklik hartseer. EK hoop die mense word gevang, baie swaar gevonnis en sonder parool toegesluit word. Strekte aan oom Piet en tannie Rikkie we families en vriende

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.