Nóg ʼn deurbraak ná polisie transitorooftog stuit

Foto verskaf deur SAPD, Limpopo

Die polisie in Limpopo het Donderdag nog twee verdagtes in hegtenis geneem wat gevlug het toe beamptes Saterdag ʼn beplande transitorooftog gestuit het.

Maroela Media het vroeër berig lede van die gemeenskap in Mokopane (Potgietersrus) het die polisie ingelig van die beplande rooftog en die verskillende eenhede van die polisie het die vermeende rowers net buite die dorp voorgekeer.

Twee van die verdagtes is op die toneel doodgeskiet tydens ʼn skietgeveg en een is ernstig gewond. Twee persone is in hegtenis geneem.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die oorblywende twee verdagtes, onderskeidelik 26 en 31 jaar oud, is Donderdag in die vroeë oggendure in hegtenis geneem in Seshego buite Polokwane.

“Die polisie het tydens die inhegtenisneming beslag gelê op ʼn 9 mm-vuurwapen met ʼn magasyn en nege patrone,” het hy bygevoeg. “Die polisie het ook beslag gelê op ʼn 16 warsenders (‘signal jammers’).”

Die mans sal binnekort in hof verskyn.

Die twee verdagtes wat Saterdag in hegtenis geneem is, het reeds in die Mokopane-landdroshof verskyn. Hulle bly in aanhouding sonder enige borgtog tot 5 Mei 2017 vir verdere polisieondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

humor ·

Die gemeenskap wat die inligting verstrek het verdien ook hul kompliment. Dankie jul het n ernstige misdaad voorkom.

Shaun ·

Baie mooi SAPD… Wonderlike werk nou laat dit n mens dink,waar kry hulle tog die signal jammer?

Pork Chop ·

Pragtig SAP. Volgende keer maak dit 4 uit 4 vir vol punte.

Dirk ·

Wel gedaan SAPS. Nou moet julle net dieselfde doen om beplande plaas moorde te fnuik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.