Nog ʼn dodelike ongeluk op Pta-paaie

Verkeer is erg vertraag weens die ongeluk. Foto: @HusainSayanvala / Twitter

Verkeer is erg vertraag weens die ongeluk. Foto: @HusainSayanvala / Twitter

Skaars ʼn dag nadat drie mense dood is in ʼn trompop botsing in Pretoria, is nog drie mense Saterdag dood toe ʼn motor en Hyundai-vragmotor gebots het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die jongste ongeluk het op die N14-snelweg naby die R55-afrit in Centurion plaasgevind.

“Volgens inligting van die toneel het die vragmotor, met werkers daarop, en die motor gebots, waarna die vragmotor omgeslaan het,” het Botha gesê. “Die werkers is uit die vragmotor geslinger toe dit omgeslaan het.”

Twee mans en ʼn vrou was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. Vier mense het kritieke beserings opgedoen terwyl die ander matig beseer is.

Paramedici het hard gewerk om die beseerdes te stabiliseer waarna hulle na verskeie hospitale geneem is vir verdere behandeling.

Maroela Media het vroeër berig drie mense is dood en twee kritiek beseer nadat twee voertuie Vrydagaand reg van voor op Honingnestkransstraat in Onderstepoort gebots het. ʼn Man is tydens die trefslag uit een van die voertuie geslinger en is dood. Twee mense se liggame is in ʼn voertuig, wat ná die botsing aan die brand geslaan het, gevind. Hulle het onherkenbaar verbrand.

Omstandighede rakende albei ongelukke word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Sarie ·

Asof dit nie ‘n gegewe is dat ons àlmal op ‘n dag sal sterf nie, JAAG ons die dood tegemoet!!!

Karolis ·

Philip, weet jy dalk watter een van die voertuie se mense is oorlede?

Phillip ·

Dagsê Karolis

Na verneem word van die nooddienste is die oorledenes van die mense wat uit die vragmotor geslinger is.

Groete

Phillip

Liewe heksie ·

Taxi’s vragtrokke en dronk bestuurders almal doodskiste op wiele ek is n baie early bird in oggende op die pad en wragtag sal daai taxi vol gelaai voor my inswaai in n 3 laan baan net om voor my oor rooi robot te jaag en in middle van die pad te stop vir sy vlg op of aflaai

Wynand ·

Nie alle trok bestuurders in paloekas nie, daar is wel maar hulle in die minderheid waar daar meer idiote agter motors se stuurwiele sit.

danie ·

Wanneer gaan mense leer om nie agter op oop bakkies en vragmotors te sit of soms te staan nie.

Am ·

Danie. As jy vir elke ou wat werkers moet vervoer n bus verskaf.

lies ·

Ek is self elke dag op die pad, en elke aand wéér dankbaar ek is veilig tuis. Wat n mens sien is ongelooflik. Spoed is n probleem ja, maar grootste oorsaak is padreëls wat verontagsaam word of nie toegepas word nie. Metro is oral sigbaar, maar dis ook al. Op die N4 by Hans Strydom was die week n padblokkade. Ta besluit hy wil om 1 of ander rede nie deur die blokkade nie. Trap rem, gaan staan botstil op die N4 rybaan en gooi sy kar in agteruit. 100 meter van seker 50 metro’s!!! Vragmotors wat op die N1 net die 2 linkerkantse bane mag gebruik,maar tog al die bane vol maak teen n spoed van 40 km per uur. Niks maar dan ook niks word hier aan gedoen nie. Weereens terwyl Metro (net) sigbaar is. Padreëls en duidelik nie-verstaan-hoe-de-joos hulle n lisensie bekom het nie, is die grootste oorsaak van al die ongelukke

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.