Nog ʼn dooiepunt in goudsektor-onderhandelinge

Argieffoto: Leandro Neumann Ciuffo van Rio de Janeiro, Brasilië (Mina da passagem) via Markos90, Wikimedia Commons

Loononderhandelinge tussen drie vakbonde en Suid-Afrika se goudprodusente sal volgende week hervat word nadat die sesde ronde van onderhandelinge Woensdag weereens op ʼn dooiepunt uitgeloop het.

Gesprekke tussen AngloGold Ashanti en Sibanye-Stillwater, en die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu), Solidariteit en UASA is Woensdag weer hervat. NUM het kop uitgetrek en ʼn dispuut verklaar.

Vakbonde het die vervaardigers se hersiene driejaar-loonaanbod van tot 7,2%-salarisverhogings verwerp.

Hulle eis ʼn salaris van R9 500 vir bogrondse werkers en R10 500 vir intreevlak- ondergrondse werkers, asook ʼn behuisingstoelaag van R5 000.

AngloGold Ashanti, Harmony, Sibanye-Stillwater en Village Main Reef het verskeie aanbiedinge wat wissel tussen verhogings van 6% en 7,2% vir kategorie 4- ondergrondse werknemers en 3,5% en 4,5% vir myners, ambagsmanne en beamptes ter tafel gelê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

MAAK TOE ·

Maak die verdomde myne toe as die mense nie wil werk nie. Ongelukkig het ek nou al jaar vir jaar gesien wat gebeur. Vandag vra hulle vir verhogings, nadat dit toegeken is onder druk word 30000 op een slag afgele, so maak OF nou die goed toe, of le nou 30 000 per myn af .. julle stel die onvermydelike uit.

marous ·

Stem . Verkoop al die roerende vir skroot , en blaas al die skagte toe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.