Nog ʼn drawwer sterf tragies

Argieffoto

Twee drawwers is Saterdag in twee afsonderlike voorvalle dood.

ʼn Vrou, vermoedelik in haar 30’s, is omstreeks 17:00 dood nadat sy deur ʼn voertuig in Hendrik Potgieterweg in Florida in Roodepoort, Gauteng, getref is.

Annine Siddall, woordvoerder van ER24, het gesê die vrou het nie reageer toe paramedici by die toneel opgedaag het nie. “Ongelukkig kon paramedici niks vir haar doen om haar lewe te red nie en sy is op die toneel dood verklaar,” het Siddall gesê.

Volgens Siddall het ʼn passasier in die voertuig, vermoedelik 16 jaar oud, matige beserings tydens die ongeluk opgedoen en is hy met ʼn ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal vir verdere behandeling.

Die omstandighede rakende die voorval word ondersoek.

Maroela Media het vroeër berig ʼn man, vermoedelik 59 jaar oud, is Saterdagoggend dood ná hy inmekaargesak het terwyl hy gedraf het.

Siddall het gesê die voorval het omstreeks 08:20 naby Arbourweg in George in die Wes-Kaap plaasgevind.

“Toe paramedici by die toneel opdaag, het die man geen reaksie of oënskynlik opvallende tekens van lewe getoon nie,” het Siddall gesê.

Paramedici het vir nagenoeg 30 minute kardiopulmonêre resussitasie op hom toegepas.

“Die man is ongelukkig op die toneel dood verklaar; daar was niks wat ons vir hom kon doen nie.”

Die polisie ondersoek ook die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

PJC ·

Ai tragies. Sy is nog so jonk. As mense maar net besef hoe gevaarlik is die paaie asook die omgewings waar hulle draf. My senuwees is gedaan as ek party dae sien waar mense draf.

Alete Muller ·

Wie draf 5 uur in die middag op Hendrik Potgieter???

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.