Nog ʼn dubbelmedaljewenner vir Span SA

Ilse Hayes by vanjaar se Paralimpiese Spele in Rio de Janeiro, Brasilië. Foto: Team South Africa

Ilse Hayes by vanjaar se Paralimpiese Spele in Rio de Janeiro, Brasilië. Foto: Team South Africa

Ilse Hayes het Saterdag die tweede dubbelmedaljewenner van Span SA op vanjaar se Paralimpiese Spele in Rio de Janeiro, Brasilië, geword.

Dié 31-jarige atleet het Suid-Afrika se 15de medalje op vanjaar se Spele losgeslaan toe sy in ʼn tyd van 56,49 sekondes in die 400 m vir siggestremde vroue tweede oor die wenstreep genael het. Nantenin Keita van Frankryk was in die eerste plek met ʼn tyd van 55,78 sekondes.

Hayes het verlede Sondag in die 100 m vir vroue ook ʼn silwermedalje vir haarself verseker toe sy binne 11,91 sekondes die wedloop voltooi het.

Charl du Toit het ook twee medaljes vir Span SA ingepalm deur die 400 m en die 100 m in die T37-kategorie te wen.

Bly op hoogte met Span Suid-Afrika se prestasies tydens die Paralimpiese Spele 2016 op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

William ·

Pragtig!!!!!! So trots op hierdie atlete. Hoop net hul word dubbel vergoed

Sarie ·

Pragtig Ilse…. Jy is ‘n ster!!! Jy is ‘n voorbeeld vir menige vroue in Suid Afrika…. Baie geluk! Ek is bàie trots op jou…

Mel ·

Pragtig!!! Ons Paralimpiese span is beslis Tops, mens raak verslawend om dit te kyk uit pure trots uit, geluk Ilse en al ons ander atlete, dit wil gedoen word

E.K. ·

Fantasties! En kyk daai sexy gespierde magie – jinne ek is jaloers!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.