Nog ʼn eenheid by kragnetwerk gevoeg, sê Eskom

Argieffoto (Foto: SnapwireSnaps, Pixabay)

Argieffoto (Foto: SnapwireSnaps, Pixabay)

Eskom het Sondag gesê die laaste eenheid by die nuwe Ingula-kragstasie is gesinkroniseer en gereed om aangeskakel te word om ʼn bykomende 333 MW tot die kragnetwerk by te dra.

Volgens die kragvoorsiener is die aansluiting van die kragstasie-eenheid ʼn mylpaal in Eskom se pad na die volle kommersiële bedryf van die eenheid teen Januarie 2017. Ingula is ʼn pompopgaarskema op die platorand van die Klein-Drakensbergreeks op die grens van die Vrystaat en KwaZulu-Natal. Sodra die projek voltooi is, sal Ingula die grootste pompopgaarskema in Afrika wees en die 19de grootste in die wêreld.

“Ons is trots daarop dat ons al vier eenhede van Ingula voor die sperdatums kon sinkroniseer,” het Brian Molefe, Eskom se uitvoerende hoof, gesê. “Ons sien uit daarna dat Ingula teen ons 2017-sperdatum afgehandel sal wees en daardeur Eskom se elektrisiteitsvoorsiening aan Suid-Afrika sal versterk.”

Sinkronisasie is die proses ná konstruksie van die eenheid waar dit vir die eerste keer aan die kragnetwerk gekoppel word. Nadat die eenheid met die kragnetwerk gesinkroniseer is, moet daar verder optimalisering en toetse gedoen word om te verseker dat die eenheid veilig en betroubaar is. Sodra dit afgehandel is, word die eenheid as kommersieel verklaar en aan die opwekkingsafdeling by Eskom oorhandig.

Ingula se eenheid 4 is op 10 Junie kommersieel verklaar. Die ander drie eenhede sal na verwagting in Januarie 2017 gereed wees vir kommersiële gebruik.

Eskom moes vroeër die week vure doodslaan toe talle kragverbruikers in Gauteng gekla het dat beurtkrag weer in hul buurte ingestel is nadat kragonderbrekings in verskeie buurte in Johannesburg en Pretoria voorgekom het. Eskom het ontken dat die kragonderbrekings aan beurtkrag toe te skryf is en het gesê dat daar in die afgelope tien maande nog glad nie beurtkrag toegepas is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Otter ·

Dis goeie nuus! So ek lei af dat die pompopgaarskema die las help balanseer oor tyd. Met meer en meer opwekking uit sonkrag sal dit seker al meer noodsaaklik wees om energie te stoor in skemas soos dié.

christine ·

Dis reg bou hier op dis immers belangrik. Maar breek die SAUK af. Ek sal beslis nie my lisensie betaal nie want doe mr druk sy neus by RSG in

Andries Visagie ·

Interessant! Maroela, let egter daarop dat sinkronisasie nie uniek tot nuwe kragopwekkers is nie. Elke keer wanneer ‘n kragopwekker afgeskakel word, moet dit weer met die netwerk gesinkroniseer word. Dit beteken die masjien loop teen die regte spoed en wek die regte spanning teen die regte frekwensie op en in fase met die res van die newerk.

rr ·

Wonderlik. Net jammer ons sit steeds in die donker. Dit sal seker ook na Zimbabwe en kie gaan.

KP ·

Kan iemand my reghelp. Ek het vir escom gewerk en was self in n wat hulle genoem het die drakensberg pompskema waar krag deur escom opgewek is. Dit was 20 jaar gelede toe was hy in volle bedryf. Is hierdie n nuwe skema of is dit die oue wat net nuwe naam gekry het en nou voorgegee word dat dit n nuwe skema is. As iemand my hierop kan reghelp sal ek dit waardeer.

Grassie ·

Hi KP, die eersgenoemde is nogsteeds in werking, maar is geleë tussen Bergville en Harrismith. Ingula Pumped Storage Scheme is so 50 km buite Ladysmith geleë. Die laasgenoemde sal so 1332 MW kan opwek. Soek bietjie op die internet.

Lance ·

Bq laat wakker geskrik soos met alles …n ding moet mos eers breek ….nou is daar teveel krag …ook omdat besighede toe gemaak het omdat ekonomie so swak is … skrik net wakker anc julle was gewaarsku maar soos altyd luister julle nie …na ja daar is dit nou ….te veel krag en geen customers ….en die wat oor is betaal meeste maar swak

John ·

?.. krag vir kommersiele gebruik… ? … onthou om die gasbottels vol te maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.