Nóg ʼn EFF-lid uit Oos-Kaapse wetgewer geskop

Die EFF se kenmerkende rooi beret

Die EFF se kenmerkende rooi beret

Nog ʼn lid van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) is Dinsdag uit die provinsiale wetgewer in die Oos-Kaap geskop nadat hy na witmense as “boere” verwys het. Dit volg op dieselfde dag wat twee ander EFF-LPW’s in Gauteng verwyder moes word weens “onvanpaste” kleredrag.

Die Sowetan het Woensdag berig die speaker, Noxolo Kiviet, het Themba Wele uit die raadsaal geskop omdat hy in sy toespraak na witmense verwys het as “AmaBhulu” (boere).

Wele het die opmerking gemaak in sy toespraak in reaksie op premier Phumulo se Masualle se provinsiale rede. “Jy [die premier] het niks genoem oor planne om grond vir landbouprojekte te onteien nie, want niyawoyika amabhulu okany nilala nawo ngengubo enye [jy is bang vir boere of miskien deel jy en hulle dieselfde kombers],” het hy gesê.

Mxolisi Dimaza, ʼn ANC-LPW, het beswaar aangeteken en gesê die woord “boer” was onparlementêr en dat Wele sy stelling moet terugtrek. Wele het geweier, en is gevra om die raadsaal te verlaat.

Volgens die berig is dit die tweede keer in minder as ʼn week dat Wele uit ʼn sitting geskop is. Wele en sy EFF-kollega, Siyabulela Peter, is verlede Vrydag uit die wetgewer geskop omdat hulle rooi oorpakke en konstruksiehoede gedra het. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Theresa ·

En die sirkus duur voort………… Wat ‘n helse grap is ons land net nie !!

Peter Says ·

Ek het n oplosing, hou al hierdie “meetings” in die bos, onder n boom…soos dit hoort.

Cora ·

Wat word van ons land die parlement was die trots van Suid Afrika nou word die plek van bespotting.

Grassie ·

Ek verstaan nie wat hulle verkeerd sien in die benaming nie. In my oë is dit ‘n ere-titel en ek is baie, baie trots daarop om ‘n Boer genoem te word.

CR ·

Want hulle almal is bang vir ‘n Boer, net om die woord te hoor jaag hulle almal op hol

Marieta ·

Miskien moet die boere dan ook weer die gewraakte “k” woord begin gebruik as verwysing wanneer hulle van die eff barbare praat. Tit vir tat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.