Nóg ʼn egpaar in aftree-oord aangeval

Argieffoto: SAPD/Facebook

Nog ʼn egpaar is Vrydag in die vroeë oggendure in ʼn aftree-oord in Jeffreysbaai aangeval, net ʼn paar dae nadat ʼn egpaar Maandag in dieselfde oord oorval en beroof is.

Kapt. Gerda Swart, woordvoerder van die polisie, het gesê drie verdagtes het net na middernag op ʼn huis in die aftree-oord in Wonderboomsingel toegeslaan. Die verdagte het deur ʼn oop deur ingekom en ʼn 68-jarige vrou, wat in die woonkamer gesit het, oorval.

“Die vrou het geskree en haar man het die rumoer gehoor en uit die slaapkamer gekom om te help,” het Swart gesê. “Die verdagtes het die egpaar met messe gedreig en hulle gestamp dat hulle op die grond val. Hulle het daarna die huis deursoek en met twee skootrekenaars, ʼn kamera, selfone, ʼn televisie en ʼn bedrag kontant op die vlug geslaan.”

Maroela Media het vroeër berig twee verdagtes het Maandag in die vroeë oggendure ʼn egpaar in dieselfde aftree-oord oorval terwyl hulle geslaap het. Die verdagtes het ook hierdie egpaar met messe gedreig en met juweliersware, selfone, ʼn televisiestel en ʼn bedrag kontant op die vlug geslaan.

Swart het gesê die polisie het nou ʼn taakspan op die been gebring om die aanvalle onmiddellik te ondersoek. Brig. John Lebok, die SAPD Humansdorp-bevelvoerder, het gesê die saak en ander betrokke sake kry dringend aandag.

Die polisie het intussen ʼn beroep op handelaars van tweedehandse goedere gedoen om op die uitkyk te wees vir enige verdagte mense wat items soos juweliersware, selfone of elektroniese toerusting probeer verkoop en gevra dat dit onmiddellik by die naaste polisiestasie aangemeld word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

willie ·

ag asb, is die oumense vreemdelinge in Jerusalem? die deur het oop gestaan! word wakker ou en jong mense die jagseisoen is oop ongeag waar jy woon!

Marisa ·

Presies wat ek gedink het. Mense dink nog altyd dat dit nie met hulle kan gebeur nie.

André ·

Eerstens … ‘n Aftree Oord het Sekerheids Omheining!
Tweedens … DAAR Behoort Sekerheids Personeel te wees wat uurliks Patrollies doen…
Toegang Behoort beperk te wees in so Area…of Elektriese Toestelle Behoort daar te wees…?
HULLE BETAAL TEN DUURSTE VIR AFTREE OORD, “SÊ MAAR NET!”

Charmaine ·

Jip – aftree oorde en “body corporates”, hul belowe alles maar doen so min moontlik maar die wet van Transvaal bly. Ek het jare gespot met bakkieboere, toe met bakkiebouers en nou is dit mercedesontwikkelaars. Dis nag – wees weerbaar maar betrek die gemeenskap! Ek sien hoe werk buurtwagte, daar is die wat patrolleer maar daar is meer oge wat raaksien en alles aanmeld. Wees betrokke en kyk rond en meld bymekaar aan

Marisa ·

Sekerheidsheinings, sekuriteit, kameras, sekerheidswagte, patrollies – NIKS stuit hulle nie. Kyk bietjie op Youtube hoe hulle te werk gaan.

Hannes ·

Mens is net nie meer veilig nie, maak nie saak waar jy gaan nie!!!

Ilze ·

In die laaste sowat 9 maande het aanvalle in aftreeoorde en veiligheidskomplekse geweldig toegeneem, dit haal net nie die hoofstroom nuus nie.

Pastoor ·

Ek vra maar net. As die skelms kan in en uit gaan soos hulle wil. Dan is hulle kop in een mis. Mense julle moet weerbaar word. Moenie omdat jy in sekuriteitskompleks jys is ok nie. Want jy is nie. Sluit julle toe. Maak seker julle is veilig. Altyd. Bid sondr ophou

Danie ·

Marisa wat moet ek op utube intik om wat te kan sien. Jou inligting is baie wyd.

SARIE VAN HEERDEN ·

In die ooste van Pretoria het ‘n sekuriteitsoord besluit om nie meer “veiligheidswagte” aan te hou by hul ingange nie. Ek weet nie presies of hul net kamera’s het nie maar die inbrake en aanvalle op inwoners het drasties afgeneem vandat die wagte verwyder is.

anton ·

Ja Sarie ek sê nog altyd die wagte by sulke plekke beteken absoluut niks nie.
Enige persoon met goeie sekerheids agtergrond sal weet hoekom ek dit sê.
Wat ek wel kan sê is dat solank ons van volksvreemdes gebruik maak by sulke plekke, sal ons nooit werklik veilig wees nie.
Mens kan mos nie vir wolf, skaapwagter maak nie!!!

Katjie ·

Ja dit is moeilik maar die sekuriteit by veral afree oorde moet maar baie goed wees. En ja die mensies moet sorg dat hul deure vensters en alles toe en gesluit is
Dit is regtig erg hoe dinge gaan….misdaad en moorde ens. Vreeslik verby.

Deon Koegelenberg ·

Kan maar vergeet handelaars van tweedehandse goedere sal nie saamwerk met polisie nie daars net te veel bewyse deur die jare dat hul maar4 te graag sulke artikels teen n appel en n ei koop en teen groot winste verkoop Dis tyd dat die tweedehandse plekke deursoek word op gereelde basis en hul hul handelaars lisensie verloor indien skuldig bevind word

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.