Nóg ʼn egpaar op KZN-plaas aangerand

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

ʼn Egpaar van KwaZulu-Natal is Dinsdag op hul plaas in die Melmoth-omgewing aangerand toe hulle helder oordag deur vier mans oorval is.

Arthur Lathleuff van Mfezi-veiligheidsdienste wat kort ná die aanval op die toneel was, het aan Maroela Media gesê Ricky Dinkelman en sy vrou is erg gekneus nadat die rowers hulle aangerand het.

“Mnr. Dinkelman het net na 16:00 die middag by sy motorhuis ingetrek toe drie gewapende aanvallers hom oorval het,” het Lathleuff gesê. Die een verdagte het Dinkelman met ʼn pistool deur die gesig geslaan en hom geskop en geslaan terwyl hy op die grond gelê het. Toe Dinkelman se vrou uitkom om te sien wat aangaan, het die ander drie aanvallers haar getakel en aangerand.

“Hulle het heeltyd vuurwapens en geld geëis,” het Lathleuff gesê. “Mnr. Dinkelman het besluit om ter wille van sy vrou se veiligheid eerder aan hul eise toe te gee en hulle in die huis te gaan wys waar die kluis is.” Die aanvallers het die egpaar met toue en kabels in die slaapkamer vasgebind.

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

Dinkelman het aan die aanvallers gesê dat die kluis se sleutel in ʼn koekoek-horlosie in die woonkamer weggesteek word. Die aanvallers kon egter nie daarin slaag om die horlosie oop te kry nie en het Dinkelman aanhoudend geslaan omdat hulle gedink het hy probeer hulle om die bos lei.

Nadat die rowers uiteindelik daarin geslaag het om die kluis oop te sluit, het hulle agt vuurwapens, kontant en juweliersware uit die kluis gehaal en op die vlug geslaan. Dinkelman kon daarin slaag om op die radio om hulp te roep en die veiligheidsdienste en polisie was kort daarna op die toneel.

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

Veiligheidsbeamptes en sowat 15 boere van die omgewing het met behulp van snuffelhonde die aanvallers agterna gesit en drie vuurwapens op die spoor opgetel. Twee vuurwapens was van dié wat uit Dinkelman se kluis gesteel is, terwyl die derde ʼn maand vantevore tydens ʼn ander plaasaanval gesteel is. Die honde het mettertyd die spoor verloor en geen verdagtes is nog in hegtenis geneem nie. Die polisie het glo eers baie later op die toneel gekom.

Volgens Lathleuff was die Dinkelman-egpaar nie gehospitaliseer nie, maar is hulle erg getraumatiseerd ná die voorval.

Kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, het bevestig ʼn saak van huisroof word ondersoek.

Intussen is die naam bekendgemaak van die man wat Dinsdag in die vroeë oggendure voor sy vrou en kinders doodgeskiet is op ʼn kleinhoewe in Camperdown.

Naicker het bevestig die oorledene is Krishnadhavans Govender (50).

Koos Marais van die KwaZulu-Natalse Landbou-unie het sy kommer oor die aanvalle uitgespreek. Govender was egter nie ʼn boer soos voorheen berig nie, maar ʼn sakeman wat op die kleinhoewe gebly het.

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

jan ·

haal julle wapens uit julle kluise uit en dra dit aan jukke sye!

jan ·

haal julle wapens uit julle kluise uit en dra dit aan julle sye!

Kwagga ·

Ek stem dra julle wapen op julle. Wees wakker wees oo die uit kyk. Hou n wapen iewers ook in die huis nie in die kluis jy kan jouself nie beskerm met n wapen in die kluis. Ek weet van n ou weermag generaal in sy 70 wat sy pistool agter sy bedkop stuk hou en een aanvaller is dood en twee het laat wiel. As jy dink dit aal nie met jou gebeur dink weer. Julle is my ou mense pas julle op asb

humor ·

n Mens neem waar daar word heeltemal te min gedoen om dit by boere en ander tuis te bring dat hul besig is om misdadigers te bewapen Moedeloos. Ag aarde man as landbouorganisasies en veiligheidsdienste dit dan nie kan doen nie, kan dit dan nie maar in die kerk afgekondig word nie. Sal ook nie help nie, want die eredienste word maar karig bygewoon, en dan is baie ook maar swaar van gehoor.

Winston ·

Dra jou wapen onopsigtelik waar jy gaan. Slaap met jou yster onder jou kop. Sorg dat meer as een beskikbaar is. Onthou ons bly in rowers nes.

candice ·

Help my reg as ek verkeerd is:
Paar jaar terug het die President van Namibië gesê in een van sy toesprake “if you see someone entering your home without your consent, they are not there to drink coffee, shoot him,and shoot him dead”….
Hoe gaan mense hulself en gesinne beskerm in die land met die ‘oortreders’ wat meer regte as ons het. Dit is verspot dat mense in vrees MOET lewe. Jy mag nie skiet tensy jou lewe in direkte gevaar is nie… skiet jy elkgeval as jou lewe in direkte gevaar is, is jy nou die oortreder! Viva Suid-Afrika!

Maruis ·

Al die plaas moorde net as huisbraak gedoen en nie as beplande moord nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.