
Foto: Pixabay.com
Die DA het gewaarsku dat die heil van duisende psigiatriese en ander pasiënte in 160 NRO’s onseker is ná die Gautengse departement van gesondheid geld onttrek het oor “onredelike kennisgewing om streng nuwe lisensievoorwaardes” na te kom.
Jack Bloom, DA-woordvoerder oor gesondheid in Gauteng, het gesê hy weet van minstens drie NRO’s wat pasiënte moes wegwys. “Personeel van die NRO’s werk sonder vergoeding en sommiges sukkel om inwoners van kos te voorsien. Behoeftige kinders, wesies en mense wat ernstig getraumatiseer is, ly almal hieronder,” het Bloom gesê.
Volgens Bloom het een NRO die departement verlede week hof toe gesleep en sy saak gewen. Die departement moes toe die R3 400 per pasiënt per maand betaal. Volgens Bloom oorweeg nog NRO’s regstappe.
“Ná die verslag van die ombudsman van gesondheid oor die dood van pasiënte van Esidimeni is daar bykomende vereistes bygevoeg vir die lisensiëring van NRO’s,” het Bloom verduidelik.
Dit sluit sonering- en hersoneringsertifikate in, wat glo maande kan neem om uitgereik te word.
Volgens Bloom is die departement onredelik om nie vir die NRO’s genoegsame tyd te gee om aan die nuwe vereistes te voldoen nie.
“Die weerhouding van geld aan NRO’s veroorsaak ʼn krisis wat tot nog ʼn Esidimeni kan lei.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
10 Kommentare
Die welvaart en gesondheid van ‘n land word bepaal deur hoe daar na hulpbehoewende burgers omgesien word. In hierdie land word daar omgesien na Zuptas en cronies. Dié dat dit so gaan.
Een ding moet ons die ANC en ZUPTANIA toegee: hulle is konstant in die legacy van verwoes en bizarre skaamtelose miskenni g van lewe!!!! SHAME ON YOU ANC!!!!!!!
Ek is seker dat as daar “kick backs” was wat betaal was, sou dit ‘n heel ander storie gewees het. Miskien moet die Zuptas ook ‘n vinger in die “pie” hierin kry, dan sal julle sien hoe vinnig word daar iets aan die situasie gedoen.
Kla die verantwoordelike suurstofdief aan van strafbare manslag.
Wat het van die regering se prioriteite geword? Miljoene Rande word verduister of wanaangewend of vir eie voordeel gebruik. Dit is hoogtyd dat ons van die ANC ontslae raak en die DA aan bewind kry. Hulle het reeds sulke wanpraktyke in Tshwane en Nelson Mandela metropole oopgekrap. Dit is alles ons belastingbetalers se geld. Begin by Jacob Zuma en al sy Gupta-genote wat kabinetsministers is.