Nog ʼn Eskom-hoë bedank

Thava Govender. Foto: Eskom

Thava Govender, hoof van kragopwekking by Eskom, het bedank en sal die kragvoorsiener aan die einde van die maand verlaat.

Govender, wat ook die waarnemende groephoof vir risiko en volhoubaarheid is, werk al 27 jaar vir Eskom. Hy het verskeie posisies by die kragvoorsiener beklee, waaronder lid van Eskom se uitvoerende komitee asook in verskeie subkomitees daarvan.

Govender is in Oktober 2017 ook aangestel as die president van die GO15-bestuursraad. Eskom is ʼn lid van die GO15, ʼn organisasie wat die grootste kragnetwerkverskaffers in die wêreld verteenwoordig.

Phakamani Hadebe, Eskom se uitvoerende hoof, het Govender bedank vir sy poging om Eskom te help stabiliseer en hom sterkte toegewens vir die pad vorentoe.

Govender se opvolger sal mettertyd aangekondig word. Sy bedanking kom dae nadat Johnny Dladla, uitvoerende hoof van Rotek Industries, ʼn filiaal van Eskom, bedank het.

Dladla sal Eskom einde vandeesmaand verlaat ná sowat 23 jaar diens.

Dladla is verlede Oktober as Eskom se waarnemende uitvoerende hoof verwyder nadat hy sedert Junie 2017 in die posisie waargeneem het voordat hy deur Sean Maritz vervang is. Dit het gevolg ná die skorsing van die destydse waarnemende hoof, Matshela Koko.

Rotek Industries word deur Eskom besit en verskaf konstruksie, instandhouding en vervoerdienste ter ondersteuning van die kragreus se bedrywighede.

Dladla se opvolger moet nog aangekondig word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Snowball ·

Eskom lyk soos die spreekwoordelike sinkende skip……en almal verlaat mos maar ‘n sinkende skip.

SjN ·

Hul besef dat hul nie gaan inpas by die Chinese se werkswyse nie.

Annette van Tonder ·

Thava is a brillant man and leader. Huge loss for Eskom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.