Nog ʼn Eskom-hoë kry goue handdruk

Argieffoto: GCIS

Argieffoto: GCIS

Eskom het met nog een van sy bestuurders, wat in Maart geskors is “ooreengekom om op ‘n vriendskaplike basis paadjies te skei”.

Khulu Pasiswe, woordvoerder van Eskom, het aan ANA gesê besonderhede rakende Dan Marokane, hoof van groepkapitaal, se skeidingspakket sal nie onmiddellik openbaar gemaak word nie.

Marokane is vroeër vanjaar geskors hangende ʼn onafhanklike ondersoek na Eskom se sake. Tshediso Motane, voormalige hoof van Eskom, Tsholofelo Molefe, direkteur van finansies en Matshela Koko, kommersiële en tegniese hoof, is saam met Marokane geskors.

“Dit word uitdruklik gestel dat Eskom geen wangedrag of oortreding teen mnr Marokane beweer nie,” het die kragvoorsiener in ʼn verklaring gesê. “Mnr Marokane glo die ooreenkoms om paadjies te skei is in die beste belang van albei partye; om die raad toe te laat om sy planne vir die maatskappy onder die huidige leierskap na te jaag en vir hom om nuwe loopbaangeleenthede te ondersoek.”

Eskom het verlede maand ʼn soortgelyke aankondiging gemaak oor Matona en ook geweier om besonderhede oor sy skeidingspakket bekend te maak. Eskom word volgens die Wet op Openbare Finansiële Bestuur verplig om die salarispakkette wat aan uitvoerende hoofde en raadslede betaal word, bekend te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Johan ·

Die ANC se kader ontplooiing en die kaders wat opmors en kry goue handdruk en ‘n nuwe onkapabel kader word weer ontplooi om net weer op te mors en ‘n goue handdruk te kry. Dit alles terwyl die eerste onkapabel kader intussen weer herontplooi is wat weer opmors en weer ‘n goue handdruk kry en die tweede onkapabel kader weer in sy voetspore volg en opmors en wag net vir sy goue handdruk

Steve ·

Na regte behoort hierdie mense niks te kry nie. Hoeveel ander se ongerief/ongemak siekte of selfs dood het hulle nie veroorsaak deur hul onvermoë om hul werk te doen nie. Skeidingspakket?…Aikona.

Gerhard Bezuidenhout ·

En dan kla die klomp verpestings dat hulle nie geld het nie. Goue handdrukke, partytjies,duur ontbyte, gratis kos aan hul werknemers en werkers wat elkeen in n voertuig ry na een probleem terwyl die meerderheid met elmboe op die enjinkappe staan en loaf. Eskom , die bree publiek raak knorrig vir julle , daarom maak baie van ons alternatiewe planne vir krag . Die tyd gaan kom , ek glo so oor 50 jaar, dat julle ons gaan soebat om julle krag te koop.

scalla ·

Goue handdruk vir wat, beslis nie prestasie nie, gee hom eerder n skop onder sy jack

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.