Nóg ʼn Eskom-raadslid pak sy tasse

George Sebulela. Foto: ANA

Nóg ʼn Eskom-raadslid het Vrydag by die kragvoorsiener bedank, glo weens ʼn konflik van belange.

George Sebulela was ʼn onafhanklike, nie-uitvoerende direkteur. Hy is die president en uitvoerende hoof van die globale finansiële dienste groep Sebvest Holdings, en die voormalige sekretaris-generaal van die swart sakeraad (BBC).

Jabu Mabuza, Eskom-voorsitter, het gesê Sebulela se bedanking kom in die lig van regsadvies wat hy ingewin het oor sy voortgesette betrokkenheid by Eskom nadat die raad bewus geword van konflik van belange. Mabuza het egter nie uitgebrei wat presies dié konflik van belange is nie.

“In hierdie verband het mnr. Sebulela die korrekte besluit geneem om uit die raad te bedank en te help om te verseker dat die aanvaarbare standaard van goeie korporatiewe bestuur gehandhaaf word,” het Mabuza gesê.

“Die raad is bewus daarvan dat daar in die media beweer word dat ander direkteure ook vandag uit Eskom se raad bedank het. Hierdie inligting is totaal onwaar.”

Maandag het Thava Govender, die uitvoerende groepshoof vir opwekking, sy bedanking ingedien nadat hy in Maart vanjaar in die posisie aangestel is. Johnny Dladla het ook verlede week as uitvoerende hoof van Eskom Rotek Industries bedank, ʼn Eskom-filiaal wat konstruksie-, instandhoudings- en vervoerdienste verskaf.

Eskom het gesê Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, is van Sebulela se bedanking in kennis gestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Adrian ·

Ja nee nou spring die rotte van die sinkende regering skepe en binnekort gaan daar baie wees

Cherokee ·

Ek neig vaagweg, (lees effentjies) af te lei dat die Guptaniese Vakature Openings gesluit het.

Karolis ·

Betaal bietjie terug ook aangesien jy bewus was van konfliktende belange.
Gaan darem lekker ne. Hou aan tot jy uitgevang word want jy gaan mos nie veel oorkom nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.