Nóg ʼn Facebook-lokval in Browns Farm

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Nóg ʼn adverteerder op Facebook Marketplace wat na Browns Farm in die Wes-Kaap gelok is om die produkte af te lewer, is Donderdag deur vier verdagtes beroof.

Sers. Wesley Twigg, woordvoerder van die polisie, sê die man het Nyanga-polisiebeamptes op patrollie voorgekeer.

“As deel van die polisie se ondersoek is een van die verdagtes, ʼn 17-jarige meisie, opgemerk en in hegtenis geneem. Die soektog duur voort na die ander verdagtes.”

Die meisie sal binnekort in die Athlone-landdroshof verskyn.

“Ons maan alle adverteerders op sosiale media om uiters versigtig te wees wanneer hulle met voornemende klante kontak maak.”

Maroela Media het vroeër berig verskeie voorvalle is reeds by die polisie in Nyanga aangemeld waar adverteerders na Browns Farm gelok, beroof en aangeval is.

Op 12 Oktober is ses verdagtes, tussen 15 en 17 jaar oud, deur die polisie in hegtenis geneem ná ʼn poging tot ʼn rooftog. In September is drie verdagtes in hegtenis geneem vir ʼn soortgelyke rooftog.

Enigiemand met inligting oor die verdagtes word versoek om Crime Stop te kontak by 08600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Pietertjie ·

Een ding wat ons uit die geskiedenis kan leer is dat mense nie uit die geskiedenis leer nie.

whatever ·

Na soveel berigte van roof en aanvalle – nee waaragtig waar! As jy nogsteeds so dom onnosel wil wees!
Maar nou ja, waar geld ter sprake is en mooi beloftes hardloop die meeste mense se gesonde verstand die vlaktes in.

Talitha ·

Kyk hoe jonk begin hulle al. Is dit ook wit mense se skuld?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.