Nóg ʼn fetus in asblik gevind

Argieffoto

Nog ʼn fetus is Maandagoggend in ʼn asblik aangetref.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die fetus is omstreeks 07:00 in ʼn asblik buite ʼn huis in Corneliusweg in Weltevredenpark, in die weste van Johannesburg, gevind.

“Veiligheidswagte het ons gekontak,” het Meiring gesê. Die polisie ondersoek die saak.

Dit kom slegs ure nadat ’n pasgebore babaseuntjie dood in ’n asblik buite ’n kompleks in Honeyguide-weg in Douglasdale, Fourways, gevind is.

Dié baba is ook Maandagoggend in ʼn asblik aangetref nadat sekuriteitswagte paramedici gekontak het.

“Die baba is in ’n lap en ’n plastieksak toegedraai. Niks kon vir die baba gedoen word nie en hy is op die toneel dood verklaar,” het Meiring gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Agnee ·

Anoniem, daar is ‘n groot verskil tussen ‘n fetus en ‘n baba.

Olga ·

Ja (Agnee) there is!
Fetus is a young human being or animal before birth, after the organs have started to develop.

maraai ·

Daar huil ek alweer. Kan hulle nie dood eenvoudig die kind opgee vir aanneming nie. Hoekom n kind wat niks kan doen so los vir dood… Daar is baie mensies wat graag n kindjie wil hê wat nie self kan kinders kry nie… Dit so hartseer… Hoe gaan hul aan asof niks gebeur het nie… Ek myself het onlangs miskraam gehad en kan nog steeds nie een dag deur gaan sonder om aan daai kleine lyfie te dink nie…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.