Nóg ʼn FlySafair-vlug verloor lugdruk

Foto: Justin de Reuck via FlySafair, Facebook

Foto: Justin de Reuck via FlySafair, Facebook

ʼn Tweede vlug van FlySafair moes oor die naweek omdraai, kort nadat dit by OR Tambo Internasionale Lughawe opgestyg het, toe die lugdruk in die kajuit skielik begin verminder het.

“Kapt. Lawrence Banda en eerste offisier Charles Peck het op 32 000 voet besef die lugdruk het nog nie gestabiliseer soos dit moes nie, en die kajuit het geleidelik begin druk verloor,” het die lugredery in ʼn verklaring gesê.

Vlug FA103 was van Johannesburg na Kaapstad onderweg. Die vliegtuig het Sondagaand om 20:16 opgestyg.

“Die span het besluit om eerder versigtig te wees en het met veiligheidsprosedures begin en teruggekeer na Johannesburg.” Die prosedure sluit in om spoed en hoogte te verminder en om die suurstofmaskers vir die passasiers te ontplooi.

“Kapt. Banda en sy bemanning het FA103 net ná 21:30 veilig by OR Tambo geland, waar grondbemanning die passasiers bygestaan het,” het die lugredery gesê.

Meeste van die passasiers het gekies om met ʼn later vlug na Kaapstad te vlieg op ʼn bystandsvliegtuig, en ander het gekies om vandag te vlieg of alternatiewe reëlings te tref. Volle terugbetalings sal aan die passasiers gedoen word.

ʼn Soortgelyke voorval het Vrydagoggend plaasgevind toe vlug FA202, ook onderweg van Johannesburg na Kaapstad, moes omdraai toe lugdruk geleidelik gedaal het.

“FlySafair se tegnici is tans besig om die oorsaak te bepaal, maar voorlopig wil dit voorkom of die twee voorvalle nie met mekaar verband hou nie,” het die lugredery bygevoeg.

“Safair het ʼn trotse en veilige geskiedenis van meer as 50 jaar,” het Elmar Conradie, uitvoerende hoof van FlySafair, gesê. “Die veiligheid van ons passasiers en bemanning kom altyd eerste.”

Persone wat op Vlug FA103 was en navraag wil doen oor hul terugbetalings, kan FlySafair kontak by [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Gideon ·

50 jaar ondervinding??? Ek weet nie maar as ek so na die name kyk van die lootse dan wonder ek wat was nou regtig oorsaak van die fout! Was dit dieselfde vliegtuig met die fout, of was dieselfde lootse betrokke?

Vicus ·

Ja Gideon. Ons mag mos darem wonder, ne? Jy slaan die spyker op die kop.Nee wat, dan ry ek maar Kaap toe!

Paul ·

Wat ‘n belaglike en rassistiese kommentaar oor die “name van die lootse (sic)”. Dis mos die loodse wat die vliegtuig in stand hou, né? Duidelik het jy nie ‘n benul van hoe lugrederye werk nie.

Mari ·

Dan vlieg ek maar eerder met n bietjie duurder lugdiens, want soos dit is is ek nie n goeie passasier nie.

MJ ·

Ironies genoeg is FlySafair heelwat duurder as Mango en Kulula. Ek vlieg gereeld Kaap toe vir besigheid en ek verkies Mango. Ek het een keer met FlySafair gevlieg en nooit ooit weer nie. Die vliegtuie lyk sommer oud, vuil en verniel. My eerste indruk was dat daar nie behoorlike instandhouding gedoen word nie. Nee wat, ek betaal nie weer R2000 by FlySafair vir n retoerkaartjie nie. Ek vlieg veel eerder Mango vir R1300 en kom veilig (en betyds) by my bestemming aan.

Jo ·

I believe this is incidental.
In September I flew with them twice,
Very impressed.
As are numerous of my friends who have flown SAFair as well.

alida ·

Dit is ‘n nare ondervinding maar ek dink darem nie dit is die loods se skuld nie en die lugredery sal nie onervare mense aanstel wat ‘n gevaar vir passasiers inhou nie. Dit kon enigiets gewees het buite die loods se beheer.

kloekie ·

Liewe Alida
Ek werk in die mediese bedryf en weet vir n feit onbekwame , onervare mense word aangestel as dokters , spesialiste en hoofde van dept oor demografie. Dit word net weggesteek….

EMK ·

Bravo aan die kaptein en personeel wat dit, volgens die berig reg hanteer het. Self sal ek NOOIT Mango vlieg want hulle is deel van SAL en ek weier om die mank spul te ondersteun.

Ernest ·

Paul, jy reageer nogal vinnig met jou “rassisme” aanmerking. Jy het hierdie nuwe “truuk” vinnig aangeleer, dalk moet jy meer op wiskunde konsentreer om die “50 jaar ondervinding” te verstaan.

Paul ·

Ernest, dis duidelik dat Gideon negatief reageer aangesien die kaptein van die vliegtuig se van “Banda” is.
Verder, daar is niks vreemd aan die maatskappy se stelling dat Safair “‘n trotse en veilige geskiedenis van 50 jaar” het nie. Dit is eenvoudig die waarheid. As jy in feite belangstel: Die maatskappy Safair het in 1965 begin en lewer sedertdien lugvragvervoerdienste. Hulle vlieg selfs (sedert 1993) Antarktika toe. Die maatskappy het ook byvoorbeeld gehelp met die soektog na die Helderberg in 1987. Die maatskappy vlieg ook al vir donkiejare passasiers op “charter” vlugte, hoewel gereelde passasiersvlugte eers in 2014 begin het.

Maar jammer, ek besef dis baie belangriker om enige nonsens op die internet te mag kwytraak as wat dit is om volgens feite te moet redeneer…

Michiel ·

Uhm.. Ernest ek dink jy is deurmekaar met Paul en Gideon se aanmerkings…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.