Nog ʼn Ford-model herroep

ford1

Foto: AP Photo/Alan Diaz.

Net meer as twee maande nadat Ford Suid-Afrika die Ford Kuga 1.6-liter EcoBoost om veiligheidsredes moes herroep, het die motorvervaardiger Woensdag aangekondig dat nog ʼn Ford-motor herroep word.

Ford SA sê in ʼn verklaring die Ford Fiesta ST met die 1.6-liter GTDi-enjin word ook om veiligheidsredes herroep. Volgens die maatskappy veroorsaak ʼn probleem met die verkoelingstelsel dat die enjin oorverhit, wat veroorsaak dat die silinderkop kraak. ʼn Gekraakte silinderkop kan tot ʼn olielek lei wat op ʼn warm enjinoppervlak kan vlam vat.

Dit is dieselfde probleem wat vermoedelik die brande in die Kuga-voertuie veroorsaak het. Volgens Ford SA sal ongeveer 1 078 Fiesta ST-modelle, wat tussen September 2012 en Desember 2014 vervaardig is, herroep word.

Ford SA het wyd kritiek ontlok met sy hantering van die Ford Kuga-sage nadat verskeie motoriste brande in hul Ford Kuga-enjins aangemeld het. In Januarie het Ford gesê minstens 39 Ford Kuga-brande is by die vervaardiger aangemeld.

In Desember 2015 het Reshall Jimmy in sy Ford Kuga in Wildernis, in die Wes-Kaap, doodgebrand. Jimmy se familie het ná die voorval Ford SA ten sterkste veroordeel en gesê hulle gaan ʼn klasaksie teen die motormaatskappy instel. Volgens die familie is hulle bewus van minstens 47 brandvoorvalle.

Jeff Nemeth, president en uitvoerende hoof van Ford SA, het Woensdag gesê die herroeping van die Fiesta ST-voertuie dien as voorsorgmaatreël. “Die veiligheid van ons klante is ons eerste prioriteit,” het hy gesê. Volgens Nemeth sal die Fiesta ST-modelle se hardeware en sagteware gratis bygewerk word, en ʼn koelmiddelvlak-sensor ook in die voertuig geïnstalleer word.

Nemeth het gesê klante sal ingelig word wanneer hulle hul motors kan inbring. “Intussen kan klante voortgaan om hul voertuie te gebruik, maar moet hul naaste Ford-handelaar besoek indien die voertuig se verkoelingsmiddel lek, die enjin oorverhit of as verkoelingsmiddel gereeld bygevoeg moet word.”

Ford se klantediens kan genader word by 0860 011 022 of [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Piet Pompies ·

Ek dink die sin moet lees “motor vervaardiger” en nie “motor handelaar”, lekker dag

Janie Monsieur ·

Dagsê Piet Pompies,

Dankie vir jou kommentaar. Jammer vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Lizzy ·

‘Skiesie Piet Pompies! Dit moet ook wees: “motorvervaardiger” of “motorhandelaar”. Albei is 1 woord. Ek raas nie met jou nie hoor! Groetnis! xxx

Johann ·

Ooooopsie! Maar dit het beslis niks te doen met die hoof induna van FORD wat FORT is? Hoor Ford kon nie ene Mnr van Tonder van die SPUR bekostig nie. Mnr van Tonder het Ford blykbaar laat wonder: hoe KAN n mens n lojale kliente opdonder?

Johann ·

Blykbaar kry jy nou TWEE Fords vir.die prys van 1…jip. PLUS beradings klasse vir iets.soos die hoogs onwaarskeinlikheid dat jy n brand moet blus. Die berading is verniet in plek van hoe om n wiel om te ruil aangesien; ja wel; jy meer waarskynlik n brand sal moet kan blus as n pap wiel met n ford kry. Die 2FOR(d)1 promosie is beperk tot Maandae…Blykbaar nuwe CEO wat geheadhunt is van die SPUR af se idee. Lees net MOOI die voorwaardes onder aan die kontrak. Die FORDNIET “sous” wat jy ook vir 3 kaar gratis saam kry is NIE sous soos in petrol nie….dis n gesamentlike promosie met die SPUR om mense terug te lok SPUR toe. MAAAAAR wanneer een van jou FORDs brant…dan is die vorniet sous nie meer.van toepassing. So: die.SPUR begroot om GEEN sous uit te hoef gee nie….

Johann ·

Blykbaar word Ford een van die dae in daai oulike televisie advertensie gebruik oor verskering in SA. Daai een wat die oom sê:” hullew houwe daartvan om vjuurtjies te stegt”. En en en
…Ford ook in die advertensies van voorbehoed middels: oppas manne…Ford vat ook na net een stoot…en en en enen…Ford bemark nou inn nuwe nissmark..plaas van VIERTREK…nou VUURTREK….en en en en…skuus, sal netnou weer post. Wil.eers sien of ek nie dalk te KOLONiseerd is met my waarnemings en ge BRAND merk.word nie?

Koos1 ·

Teminste wag hulle nie weer voordat amper 40 gebrand het en een person dood is, voordat hulle optree nie. Is volgende dan nou die 1.6 Eco Sport? Of die Ranger?
Ek het altyd maar ‘n warm gevoel om my hart gekry as ek aan Ford gedink het, lyk my hulle wou die gevoel realiseer!!!
Ford, dit gaan julle jare neem om die skade te ongedaan te maak. Sterkte daarmee!

Koos1 ·

Ek is nou oortuig daarvan dat Moses die Isaeliete uit Egipte gelei het met ‘n Kuga…….. vuurkolom in die nag!

Tammy ·

Johann jy het my soooooo lekker laat lag. Nog kommmentaar asb. Ons is moeg gewerk en wil lekker lag.

Adam ·

Wanneer jy deesdae ‘n Ford koop, kry jy ‘n hond gratis by sodat jy nie so alleen voel as jy huis toe moet loop nie.

madelein ·

hulle moet dalk die figos ook herroep want ek sit met dieselfde probleem… is al lus en ry dai kar in n boom vas

madelein ·

hulle moet dalk die figos ook herroep want ek sit met dieselfde probleem… is al lus en ry dai kar in n boom vas. kan nie eers 20 kilos ry nie dan over heat die ding

madelein ·

hulle kan die ford figo ook terug roep ek sit met dieselfde probleem…. ek wil myne in n boom vas ry kan nie eers behoorlik 20 kilos ry nie dan overheat die ding.. het al die thermostat vervang ..niks werk nie.. water pype bly bars

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.