Nog ʼn G4S-werker vas oor Thabo Bester-ontsnapping

Thabo Bester tydens sy verhoor meer as tien jaar gelede. (Foto: Verskaf)

Nog ’n veiligheidswag van die G4S- private veiligheidsmaatskappy sal na verwagting Donderdag in die Bloemfonteinse landdroshof in verband met die ontsnapping van die berugte misdadiger Thabo Bester se ontsnappingsaak verskyn.

Volgens brig. Athlenda Mathe, polisiewoordvoerder, is die 51-jarige man Dinsdag by die Mangaung- korrektiewe sentrum in Bloemfontein in hegtenis geneem.

Die man word daarvan beskuldig dat hy hulp aan ’n veroordeelde gevangene verleen het om uit wettige aanhouding te ontsnap, asook regsverydeling.

Maroela Media het vroeër berig dat vier beskuldigdes wat glo ook ʼn aandeel in Bester, ʼn veroordeelde moordenaar en verkragter, se ontsnapping het, Maandagoggend in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn het.

Bester se vriendin, dr. Nandipha Magudumana, haar pa, Zolile Sekeleni, en nog twee beskuldigdes, Teboho Lipholo en Senohe Matsoara, het saam in die hof verskyn.

Die saak teen hulle is tot 16 Mei uitgestel wanneer Bester ook weer in die hof moet verskyn.

Sekeleni is borgtog van R10 000 toegestaan, maar die landdros het beslis dat Magudumana en haar twee medebeskuldigdes in aanhouding sal bly tot hul volgende hofverskyning op 3 en 4 Mei. Dié drie sal dan aansoek om borgtog kan doen.

Die beskuldigdes staan tereg op verskillende aanklagte, waaronder moord, dwarsboming van die gereg, medepligtigheid en brandstigting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

TruthDealer ·

Ongelukkig, duidelik nie dinge wat skrikwekkend en aaklig genoeg is nie. Dis jmmer, want dan sou heelwat meer mense twee keer dink voor hulle misdaad pleeg.

TruthDealer ·

Moet hul tog nou om hemelsnaam nie borgtog gee nie. Hulle sal wel n manier vind om weg te kom. En dan begin hierdie hele saga nou weer van voor af. Soek hulle, kry hulle, bring hulle terug teen koste van oor die miljoen rand, dan paar dae toegesluit en weer borgtog. Wash, rinse, repeat.

Catharina Maria ·

Alle kostes vir herinhegtenisname moet deur diegene wat hom help ontsnap het, persoonlik vereffen word.

Casper ·

Verskoon tog,maar kan iemand vir my sê vir wie se moord word hulle aangekla.Is dit die lyk wat in Bester se sel geplaas is en toe aan die brand gesteek is.Wie het die liggaam aan die brand gesteek.’n Lyk kan tog nie weer vermoor word nie,want ander berigte blyk dit dat die lyk uit ‘n lykshuis verdwyn het.

Papsak ·

Mooi so net jammer jy hoor nog een vas oor die saak maar niemand kom voor in hof nie so gaan die saak ook sil dood gaan hy gaan niks oor kom nie

Chris ·

Ek kan nie verstaan hoe sulke misdadigers om vir borgtog kan aansoek doen nie.

SjN ·

Daar moet nog meer wees wat lekker tjo tjo geld gekry het, hoop hul bring mekaar uit.

JohanR ·

Hoe kan G4S ooit weer vertrou word metr enigeiets. Die groot baas van G4S, en die raad moet mooi na hulself kyk en groot veranderings maak.

Niklaas ·

Hier gaan nog heelwat arrestasie kom. Die beplanning en uitvoer van die groot ontsnapping is onderneem deur een sindikaat of span medehelpers , wat baie meer as 4 of 5 mense is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.