Nog ʼn Gauteng-polisieman doodgeskiet

Foto: SAPD, Facebook

Foto: SAPD, Facebook

ʼn Polisieman verbonde aan die Rosebank-polisiestasie in Johannesburg is vroeg Saterdagoggend doodgeskiet.

Volgens die polisie is die beampte, wat van diens af was, in Devland in Eldoradopark doodgeskiet. Die beampte het glo iemand by sy bakkie opgemerk waarna hy met sy vuurwapen na buite is. Volgens ooggetuies is twee skote afgevuur en die sersant doodgeskiet.

Lt.genl. Deliwe de Lange, provinsiale polisiekommissaris, het gesê sy het met kommer kennis geneem van die aggressie van misdadigers wat nie twee keer sal dink om ʼn onskuldige lewe te neem nie. “Die polisie in Gauteng sal alle hulpbronne mobiliseer en hande vat met al die relevante misdaadbestrydingsentiteite om te verseker dat die verdagte gevang word.”

De Lange het ʼn beroep op die publiek gedoen om hande te vat met die polisie en strafregtelike aktiwiteite aan te meld.

Nog ʼn polisiebeampte is vroeër die week tydens ʼn sakeroof in Katlehong doodgeskiet. Vyf verdagtes word gesoek in verband met die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Piet Badenhorst ·

Dit het hoog tyd geword dat elke mens weer n vuurwapen mag dra en nie van moord aangekla word wanneer hy n misdadiger dood skiet nie.

Cherokee ·

Nou verstaan dan De Lange en kie, dat die publiek selfbeskerming moet kan doen sonder dat daar oordrewe ondersoeke en navrae daaroor is. En verstaan dan inbreker, dat jy nie gevra gaan word of jy gewapend is nie. Dit sal aanvaar word dat jy wel gewapend is en daar sal daarvolgens gehandel word.

Die wet sê ·

Die wet skryf voor dat daar ‘n dossier aangelê word wanneer ‘n vuurwapen in ‘n woongebied afgevuur is, die dossier word dan na die Senior Staatsaanklaer verwys word om te bepaal of daar binne die raamwerk van die wet opgetree was en of daar vervolging moet wees of nie. Geen mens sal van moord aangekla word as hy binne die wet optree nie. In die gevalle waar ‘n persoon gearresteer word vir moord sal die hof in elke geval die klagte verander of die saak uit die hof gooi.

Klaas ·

Maar van die grusame moorde op boere en hul gesine weekliks rep geen minister n woord nie

sioux ·

eienaardig hoe daar nie gevra word dat hands gevat word in die stryd teen misdaad as blankes die slagoffers was nie.

Rupert Ashford ·

So….kom sy NOU EERS agter dat die krims so gewelddadig is nadat polisiemanne vermoor word en wil sy nou ewe skielik aksie daaroor neem? Of is die berig net sleg geskryf of vertaal?

Kobus 4e ·

Ek hoop die paar polisiemanne wat dossiere laat wegraak vir n paar rand of swak ondersoeke doen besef hulle het deel aan die kriminele optrede. As dit nie gebeur het nie sou daar minder kriminele op straat gewees het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.