Nóg ʼn geraamte aan Weskus-strand ontdek

Dit is presies ʼn jaar gelede wat ʼn geraamte op dieselfde strand gevind is. (Foto: Alida Buckle)

ʼn Tweede geraamte is op die strand by Saldanhabaai ontdek, net ʼn jaar nadat stappers in Januarie verlede jaar op ʼn ou seevaarder se geraamte afgekom het.

Die polisie het inwoners wat Saterdag op die strand wou gaan stap, voorgekeer, aangesien hulle besig was om die plek waar die menslike beendere gevind is, af te sper.

Volgens kaptein Tania Hellfrich, polisiewoordvoerder, is nog bitter min inligting oor die beendere bekend, maar dit word vermoed dat dit ook ou beendere is, soos dié van die 2021-geraamte. Dié behoort na raming aan ʼn seevaarder wat sowat 100 tot 200 jaar gelede geleef het. By dié beendere is sewe ivoorknope en ʼn metaalknoop gevind.

Volgens Hellfrich sal die Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronagentskap (SAHRA) se forensiese verslag aandui wat die oorsaak van dood was. SAHRA sal die beendere na verwagting Dinsdag kom verwyder. Intussen bly dit onder polisiebewaking.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Plaaskind ·

Kan Maroela dalk opvolg artikels gee oor die ander geraamtes wat ook op strande gevind is?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.