Nog ‘n gevangene ontsnap uit Pta-hof

Foto: @GrootFM op Twitter.

Foto: @GrootFM op Twitter.

Die polisie het bekend gemaak dat nog ‘n man Dinsdag uit die Pretoriase landdroshof ontsnap het.

Twee verhoorafwagtende gevangenes, Lucky Segwape (28) en Nthabeleng Matlatfi (26), het Dinsdag in die Pretoriase landdroshof losgebrand en twee mense gewond. Hulle het hierna ‘n motor buite die hof gekaap en gevlug.

Lt.kol. Khensani Magoai, woordvoerder van die polisie, sê die polisie soek intussen ook na ‘n derde verdagte wat uit die dieselfde hof ontsnap het.

Magoai sê die verdagte het Dinsdag op aanklag van gewapende roof in die hof verskyn. “Daar is vandag agtergekom dat hy nie op die lys is van die verhoorafwagtende gevangenes wat na korrektiewe dienste geneem is nie.”

Magoai sê dit is onduidelik hoe hy ontsnap het en dat ‘n ondersoek van stapel gestuur is.

Magoai sê die soektog na die twee mans wat in die hof losgebrand het gaan intussen voort.

Die twee mans het na hulle die motor buite die hof gekaap het, tot in Atteridgeville gery waar hulle die motor langs die pad gelos het en nog ‘n motor gekaap het.

Die mans was veronderstel om in die hof te verskyn op aanklag van huisroof en die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen. Hulle het uit die aanhoudingselle die hof binnegekom en losgebrand.

‘n Hofordonnans en ‘n polisiebeampte, wat in die saak sou getuig, is gewond. The Times berig konst. Eddie Ngobeni het die hofordonnans, sers. Theopilus Mogafe, probeer beskerm toe hy geskiet is.

Lees ook:
Polisiebeampte, hofordonnans in Pta-hof geskiet

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Adele ·

Ek kan dit nie glo nie! Die SAP het dit eers vandag agter gekom! Huh!!!! Ja ek wonder, dieselfde as wat almal ook wonder oor waar die wapens gekry was wat die “gemors” gebruik het. Ek dink op hierdie stadium kan ons almal basiese wiskunde van 1+1=2 doen! Altyd, altyd iemand aan die binnekant!!

Theresa ·

Alles is altyd onduidelik en ‘n helse raaisel oor hoe dinge gebeur. Ondersoek en ondersoek na ondersoek en nogsteeds word alles ondersoek. Genade….kom net by in die lewe. Word wakker en begin julle werk doen soos dit veronderstel is om gedoen te word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.