Nóg ʼn gewapende rooftog by Canal Walk-winkelsentrum

Canal Walk-winkelsentrum Foto: www.milnerton.info

Canal Walk-winkelsentrum Foto: www.milnerton.info

Vier gewapende rowers het Saterdagaand op Canal Walk-winkelsentrum in Kaapstad toegeslaan, ʼn paar dae ná ʼn gewapende rooftog by die iStore in dieselfde sentrum.

“Vier gewapende mans het net voor 20:00 op die sentrum toegeslaan,” het kol. Thembinkosi Kinana, woordvoerder van die polisie aan die SAUK gesê. “Niemand is beseer nie.”

Maroela Media verneem die rowers het op Harris-juweliers toegeslaan en met ʼn onbekende hoeveelheid kontant en ʼn sak met baie duur juwele gevlug.

Kinana het bevestig die mans het in ʼn wit bakkie gevlug.

Die sentrumbestuur kon nie dadelik verdere besonderhede aan Maroela Media verskaf nie.

Lees meer oor die vorige rooftogte by Canal Walk-winkelsentrum.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.